Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

Publiek moet ACC help

05 December 2019 | Misdaad
Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié waghondliggaam oor die viskwota-korrupsie-ondersoek kritiseer, moet hulle liefs met inligting na vore kom.

Hy het gister in ’n verklaring fel te velde getrek teen die insinuasies en aanvalle op die integriteit van die ACC deur sommige ontleders en kritici wat beweer die kommissie “ignoreer die ondersoeke”.

Hy sê dit is onwaar en voer aan dit is ’n skande dat “geen enkele mens in Namibië tot dusver na vore gekom het en aan die ACC inligting verskaf het om hom met hierdie ondersoek te help nie”.

Noa sê in die verklaring dit is nodig om die publiek oor die ondersoek in te lig aangesien die ACC daarvan beskuldig word dat hy bewerings van korrupsie in die visbedryf geïgnoreer het.

Volgens hom is ’n beëdigde verklaring van ’n hokaairoeper eers op 5 Junie vanjaar in die buiteland bekom.

“Dit is gedoen nadat alle relevante bewerings aan die ACC verskaf is en reëlings getref kon word vir die hokaairoeper om ’n verklaring onder eed af te lê.”

Noa wou nie gister by navraag bevestig dat mnr. Jóhannes Stefánsson, ’n voormalige werknemer van Samherji in Namibië, die hokaairoeper is wie se verklaring bekom is nie.

Stefánsson het in die Al Jazeera-dokumentêr Anatomy of a Bribe gesê sy gewete het hom aangekla oor die grootskaalse korrupsie met viskwotas tussen die Yslandse vismaatskappy Samherji en die staatsbeheerde vismaatskappy Fishcor.

Dit het hom genoop om as hokaairoeper na vore te kom en groot volumes stawende dokumente aan WikiLeaks te oorhandig.

Noa sê ná die verklaring bekom is, kon die ACC eers begin om handelsbanke en ander instellings te dagvaar om die bankrekenings en -state van die individue en entiteite wie se name deur die hokaairoeper openbaar gemaak is, te bekom.

“Die ACC is nie daarvan oortuig dat daar geen mense in Namibië is wat van die korrupte praktyke in die visbedryf geweet het nie. Pleks daarvan om patrioties te wees en by te dra tot die stryd teen korrupsie deur die ACC in hierdie ernstige saak by te staan, verminder mense hulself eerder tot leunstoel-kritici,” sê hy.

Volgens hom bring dit mee dat die ACC op inligting uit die buiteland moet steun, wat die proses vertraag en die ondersoek duur maak.

Noa sê bankstate is die ander inligtingsbron, maar dit is ’n tydsame proses om dit te bekom.

Hy sê die ander uitgerekte proses is om ’n forensiese oudit van banktransaksies en ander toepaslike dokumentasie van verskeie kantore en instellings aan te vra.

“Korrupsie lei tot armoede, en armoede skep woede en maak ’n land onregeerbaar,” het Noa gister aan Republikein gesê en benadruk dit is belangrik dat hierdie ondersoek slaag.

Hy sê wat die publiek nie altyd besef nie, is dat elke stap in die ondersoek deur bewyse ondersteun word wat in die hof toelaatbaar sal wees.

“Ons moet die bewerings bo redelike twyfel bewys. Ons moet al die stukke (van die legkaart) bymekaar voeg. En dit is nie te sê al die dokumentasie is toelaatbaar (in die hof) nie.

“Daarom moet mense ophou kritiseer en ons help om hierin te slaag,” is sy pleidooi.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

16 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...