No friend of Bob
HECTOR JOOSTE VAN OTJIWARONGO SKRYF:
Hoekom sit ons na alles steeds met 'n straat in Windhoek wat vernoem is na een van die grootste rampokkers wat Afrika nog ooit opgelewer het, nl. Robert Mugabestraat? Daardie straat se naam moes lankal al verander gewees het!
Die slordige sypaadjies langs hierdie straat asook die onnette grasperke langs en om die Alte Feste en die vryheidsmonument wat eens op 'n tyd so netjies was, spreek boekdele.
Die doodspoor van een van Afrika se gruwelikste menseregteskenders loop reg deur die middel van die Namibiese hoofstad. G'n wonder dat alles daar so slordig lyk nie?
Verander hierdie straat se naam so gou as moontlik. Ek stel voor: Parlementstraat. Dit loop immers voor die parlementsgebou verby.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie