NNOK nie aan boord hiermee
Olimpiese Spele
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK) is nie aan boord met die Namibiese Sportkommissie (NSC) se omstrede plan om 'n spesiale taakspan aan te stel om borgskappe aan presterende atlete te koördineer nie.
Die NNOK het gister in 'n nuusverklaring deur sy president, mnr. Abner Xoagub, kort voor die Olimpiese span se terugkeer uit Tokio, gesê die liggaam het “met ernstige kommer” kennis geneem van die nuusberigte oor die NSC se voorneme om sogenaamd potensiële kwessies soos verantwoordbaarheid en hinderlaagbemarking te bestuur, na aanleiding van die stortvloed aanbiedinge uit alle oorde aan veral die uitblinker-naellopers Christine Mboma (silwermedalje) en Beatrice Masilingi (sesde wat beide die finaal van die vroue 200 meter gehaal het.
“Die NNOK-CGA (Statebondspelevereniging) is nie gekonsulteer óf betrokke in die besluit om so 'n taakspan op die been te bring nie. Die NNOK-CGA distansieer hom van sulke uitbeeldings in mediaberigte.”
Xoagub sê die beheerliggaam is benewens die nasionale feesvieringe oor Mboma en Masilingi trots daarop dat die Namibiese vlag by nog ses ander Olimpiese kompetisievenues gewapper het, naamlik boks, padfietsry, bergfietsry, marathonswem en die marathon-padwedlope.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie