NLU wil vir plaaswerkers beter lewe bied
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het verlede week na afloop van sy jaarlikse kongres in Windhoek ‘n nuusverklaring uitgereik oor die besluite wat hy by dié kongres in die lig van die tweede nasionale grondkonferensie geneem het.
Mnr Ryno van der Merwe, president van die NLU, het tydens die amptelike opening die versekering gegee dat dié unie die versoeke van pres. Hage Geingob wat tydens die grondkonferensie gemaak is, baie ernstig opneem. “Alhoewel die NLU nie saamstem met alle besluite wat geneem is nie, wil ons ‘n positiewe bydrae maak tot Namibië en deel wil wees van die oplossing van die probleem.
“Die NLU herbevestig weer eens sy steun en verbintenis tot grondhervorming in die land en sal graag ‘n aktiewe bydrae lewer om te verseker dat dit tot volhoubare produktiewe benutting van alle landbougrond in die land sal lei,” sê die unie.
Voorts aan aanvaar hy die uitdaging wat die Geingob aan grondeienaars gestel het oor ongelykhede en armoede wat oorwin moet word in die land. Tydens die NLU-kongres is die volgende besluite geneem:
1. Om ‘n verskil te maak in die lewenskwaliteit van plaaswerkers;
2. Om voort te gaan met bydraes ten opsigte van armoedeverligting deur die inisiëring van nuwe en ondersteuning van bestaande sosio-ekonomiese projekte waarin die kommersiële landbousektor reeds betrokke is, insluitend ouetehuise, skole, klinieke, ensovoorts;
3. Om die waardigheid van plaaswerkers te verbeter en langdienende plaaswerkers behulpsaam te wees met aftreebeplanning en voorsiening daarvoor; en
4. Om meer aktief betrokke te raak by die ondersteuning van opkomende en hervestigde boere.
Die NLU sê verder die kongres het met dankbaarheid kennis geneem van die staatshoof se bevestiging dat alle Namibiërs welkom in die land is en regte het, asook sy verbintenis om die Grondwet van die land te handhaaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie