NLU: Su00f3 moet grondhervorming geskied
NLU: Su00f3 moet grondhervorming geskied

NLU: Só moet grondhervorming geskied

Die landbou-unie vir kommersiële boere sê grondhervorming moet produktiwiteit verhoog.
Ronelle Rademeyer
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het sy stem laat hoor by die streeksvergaderings ter voorbereiding van die tweede nasionale grondkonferensie in Oktober.

Verteenwoordigers van die NLU het die streeksvergaderings bygewoon in alle streke waar grondeienaars oor titelaktes beskik, naamlik die ||Kharas-, Hardap-, Khomas-, Omaheke-, Erongo-, Kunene- en Otjozondjupastreek en insette gelewer.

Dié landbouliggaam vir kommersiële boere sê die uiteindelike doel van grondhervorming in Namibië moet wees om werksgeleenthede te skep en dat boerdery op ’n volhoubare basis finansieël suksesvol moet wees en produktiwiteit verhoog, sê die NLU in sy jongste nuusbrief.

’n Program behoort ontwikkel te word waar hervestigingbegunstigdes eienaarskap van die grond moet kry sodat hulle dit as kollateraal kan gebruik om verder in die grond te belê. Mentorskapprogramme en kapasiteitsbou is belangrik om die finansiële sukses van hierdie nuwe boere volhoubaar te maak.

Die ministerie van grondhervorming behoort syfers oor hoeveel grond sedert 2008 aan hulle aangebied is, hoeveel hektaar grond gekoop is deur die ministerie en hoeveel hektaar grond van afstand gedoen is om in die ope mark te verkoop, bekend te maak, sê die NLU.

“Hierdie inligting behoort openbaar bekend gemaak te word om te kan bepaal of die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper suksesvol was of nie.”

Die verbetering van lewendehawebemarking in die noordelike kommunale gebied is van kritieke belang vir ekonomiese groei. Die NLU steun ’n gestruktureerde implementeringsprogram om hierdie doel te bereik. Dit moet onder leiding van die direktoraat veeartsenydienste geskied.

Die NLU ondersteun verder die onteieningsproses met billike vergoeding binne die wetlike raamwerk soos in die Grondwet en verskeie ander wetgewing uiteengesit word.

Daar sal ook na oplossings gesoek moet word om grond in stedelike gebiede te bekom sodat elke Namibiër ’n stuk grond het wat hy sy tuiste kan noem. Oordrag van eienaarskap aan individue in stedelike gebiede sal bydra tot rykdom en selftrots.

Die NLU steun pres. Hage Geingob se visie soos uiteengesit in die Harambee-welvaartsplan en ook sy versoek dat alle witmense in Namibië ’n oplossing vir die grondprobleem behoort te soek.

“Wit grondeienaars is egter nie in staat op hulle eie oplossings vir hierdie nasionale saak te vind nie en sal ons dus verder met die president wil vergader om sy visie beter te verstaan,” sê die NLU.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.08/OZ DOWN -0.0111 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 913.50/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 954.96/OZ DOWN -0.0006