NLU: Regering moenie by waardeketting inmeng
NLU: Regering moenie by waardeketting inmeng

NLU: Regering moenie by waardeketting inmeng

Produsente meen die regering moet as vennoot saam met die private sektor werk om groei in landbou te bewerkstellig.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Vir optimale groei in die landbousektor is dit nodig dat die regering hom nie by waardekettings inmeng nie en hom liewer by sy rol as beleidmaker bepaal.

Die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Ryno van der Merwe, het Woensdag tydens die NLU-kongres gesê hoewel die regering die rol van die private sektor as die voertuig vir ekonomiese groei erken, beperk hul inmenging by die waardeketting die sektor se groei.

Hy het die Landbou Bemarkings- en handelsagentskap (Amta) as voorbeeld geneem en gesê ’n bemarkingstruktuur moet ’n private inisiatief wees.

“Tans raak die regering betrokke by die waardeketting deur die koop en verkoop van produkte – veral in die noordelike kommunale gebiede. Dienooreenkomstig moet baie duur infrastruktuur opgerig word,” het Van der Merwe gister telefonies aan Republikein verduidelik.

“Intussen moes die Namibië Akkerbouraad ’n reddingsboei van N$26 miljoen - ’n driekwart van sy geld in sy reserwe-fonds - aan Amta gegee. Dit is geld wat deur akkerbouprodusente opgebou is.

“Veel eerder moet die regering en private sektor in ’n vennootskap saamwerk, waar elkeen sy eie rol vertolk.

“Die regering se rol is om nasionale beleide te skep wat beleggings aanmoedig en lok, terwyl die private sektor besigheid moet doen.

“Óns sal welvaart skep en belasting betaal,” het hy gesê.

Hy het tydens die kongres gesê regerings skep groei en werkgeleenthede in hul strewe om armoede te verlig, maar is soms geneig om ’n veel groter deelnemer in die ekonomie te raak en betrokke te raak by die aktiwiteite van die private sektor.

“Sorgvuldige voorsorg sal getref moet word om die optimale balans te vind, aangesien die sleutelvereistes vir ’n kompeterende regering nie dieselfde is as die vereistes vir ’n suksesvolle besigheid in die private sektor nie.

“Dit is een van die redes waarom SOE’s dwarsoor die wêreld wesenlike verliese genereer.”

STEUN EERDER AS BEPERKINGS

Van der Merwe het ook gesê Namibië is nie uniek of geïsoleer nie en is blootgestel aan die internasionale mark-, ekonomiese- en politieke sentiment en tendense wat kompetisie in die internasionale mark meebring.

“Elke besigheid of deelnemer in die waardeketting se sukses of winsgewendheid hang af van hoe doeltreffend hulle in internasionale markte kan kompeteer.

“Ons kan nie toelaat dat die koste van ondoeltreffendheid of swak prestasie na die primêre produk of produsent verskuif word nie.

“Buiten die regering se rol om ’n gunstige omgewing te skep sodat die private sektor kan floreer, het dit ’n ondersteuningsrol om te vertolk.

“Die kleinveebemarkingskema is ’n klassieke voorbeeld van hoe beperkende maatreëls, eerder as steun, die teenoorgestelde uitwerking op die edele doelwitte vir waardetoevoeging en ekonomiese groei het.

“Die resultaat is kwynende skaapgetalle omdat produsente hulle na alternatiewe opsies wend om te oorleef. Dit het reeds tot die sluiting van twee kleinvee-uitvoerabattoirs gelei.”

Van der Merwe sê die vraag is of ondersteunende meganismes nie ’n beter opsie sal wees om die doelwitte van ekonomiese ontwikkeling te bereik nie.

Hy het gesê landbou is ’n belangrike strategiese sektor in die Namibiese ekonomie en kan, met die nodige steun, meer waarde ontsluit en ’n groter bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) maak.

BELÊ IN LANDBOU

“Beleggings in landbou is ’n noodsaaklike voorvereiste vir groei in die sektor, en om armoede en hongersnood te verlig en omgewingsvolhoubaarheid te bevorder.”

Van der Merwe sê regerings is verantwoordelik om die wets-, beleid- en institusionele omgewing te skep wat private beleggers in staat stel om op markgeleenthede te reageer.

“’n Bemagtigende omgewing vir landbou sluit in goeie bestuur, makro-ekonomiese stabiliteit, deursigtige en stabiele handelsbeleide, doeltreffende markinstansies en respek vir eiendomsreg.

“In die afwesigheid van ’n bemagtigende omgewing en genoegsame markdryfvere sal boere nie genoegsaam in landbou belê nie en hul beleggings sal nie maatskaplik optimale opbrengste hê nie. Inteendeel, die skep en onderhou van ’n bemagtigende omgewing is een van die belangrikste beleggings.”

Hy het bygevoeg die NLU ondersteun die ekonomiese doelwit van die Harambee-welvaartsplan, naamlik dat welvaartskepping die beste manier is om armoede te takel. Welvaartskepping word bewerkstellig deur die ekonomie op ’n volhoubare en inklusiewe wyse te groei, asook deur behoorlike werkgeleenthede te skep.

Van der Merwe het afgesluit deur die president en regering te bedank vir hul volgehoue pogings om vrede en stabiliteit in die land te handhaaf, kort voor die tweede nasionale grondkonferensie moet plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026