NIP toets meeste nog vir Covid-19
Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het gister (Woensdag) die hoogste aantal weefselmonsters in 'n dag vir Covid-19 getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula is 216 weefselmonsters getoets. Dit bring die totaal tot op hede op 5 301 te staan. Shangula het ook bevestig die vier skoolseuns met griepsimptome wat Maandag vir Covid-19 getoets is, se uitslae was negatief. Namibië het tans 31 bevestigde Covid-19-gevalle waarvan 14 aktief is en 17 ten volle herstel het. Aktiewe kontakte wat gemonitor word is 86, terwyl 759 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land is.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie