NIP skors werknemer wat glo met Covid-19-rekords peuter
NIP skors werknemer wat glo met Covid-19-rekords peuter

NIP skors werknemer wat glo met Covid-19-rekords peuter

Henriette Lamprecht
Die bestuur van die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het vandag 'n werknemer geskors wat na bewering met Covid-19-rekords gepeuter het. Die besluit kom volgens 'n verklaring ná voorlopige interne ondersoeke wat daarop wys dat die geskorste werknemer haar posisie gebruik het om met inligting op die NIP Laboratorium Inligtingstelsel te peuter wat met Covid-19-rekords verband hou.

NIP sê die kwessie sal in lyn met sy interne beleidsrigtings hanteer word, terwyl 'n kriminele klag ook by die Namibiese polisie sowel as die Teenkorrupsiekommissie (ACC) gelê gaan word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer