NIP: Meer as 2 000 toetse agterstallig
Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) gaan sy toetsing vir Covid-19 desentraliseer.
Henriette Lamprecht - Die skerp en voortgesette styging in die aantal Covid-19-gevalle in veral Walvisbaai het veroorsaak dat die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) tans met die toets van sowat 2 200 weefselmonsters agter is.
Volgens mnr. Boniface Makumbi, waarnemende uitvoerende hoof van NIP, was die agterstand vroeër tot 6 000 weefselmonsters.
Makumbi het tydens ’n gesprek oor die huidige toetsing vir Covid-19 by die Covid-19-inligtingsentrum (CCC) gesê, aanvanklik was die voorkoms van gevalle van so aard dat 50 tot 200 toetse met gemak gedoen kon word, omdat die toetskapasiteit gelyk was aan die aanvraag. Die aanvraag oorskry egter tans kapasiteit in terme van die aantal laboratoriums waar die toetse gedoen word, beskikbare toerusting, asook personeel.
NIP het intussen nog personeel aangestel en van vier na 16 verhoog. Toetse word op ’n “eerste in, eerste uit”-basis gedoen en word verdeel in dringend, roetine of herhalings van weefselmonsters. Van die weefselmonsters word ook na Pathcare verwys. Voorts gaan daar eersdaags ook in NIP se laboratoriums op Keetmanshoop, Oshakati en Katima Mulilo vir die siekte getoets word.
Hy het gemaan die neem, vervoer en toets van weefselmonsters is ’n “hoogs gekontroleerde proses” en daar is geen manier dat dit besmet kan raak nie. Makumbi sê die “weefsel van keuse” is nie bloed nie, omdat die toets gedoen word waar die virale lading vir die siekte die hoogste is en dit is wel in die neus en of keel. Die weefselmonster moet binne 24 tot 48 getoets word en word gestoor in –70 grade Celsius waar dit tot ’n jaar later nog getoets kan word.
Makumbi het verduidelik om vir Covid-19 te toets, is daar drie fases naamlik pre-ontleding, ontleding en post-ontleding. Die eerste fase behels die neem en verpakking van weefselmonsters in spesiale driedubbele houers.
Hy maan dit is belangrik dat dit onder die regte omstandighede vervoer en in veilige omstandighede uitgepak word. Elke weefselmonster word van inligting oor die eienaar vergesel wat dan saam met die monster ’n unieke nommer kry.
Die volgende stadium is die ontleding waartydens ’n onttrekking uit die monster gedoen en reagente bygevoeg word. Dit word in bio-veilige omstandighede gedoen. Die onttrekking kan outomaties of met die hand gedoen word. Die resultate word ontleed en verwerk. In die laaste fase word ’n verslag saamgestel en die uitslae word aan die verwante kontakpersoon deurgegee.
Alle weefselmonsters word as aansteeklik hanteer en betrokke laboratoriumpersoneel dra persoonlike beskermende drag (PPE’s), wat ’n jas, masker, handskoene en toe skoene insluit. Die driedubbele houer waarin die virus vervoer word, sluit ’n buitenste, middel- en binneste gedeelte in. Die middelste gedeelte word ontsmet en net in ’n veiligheidskas oopgemaak.
Makumbi beklemtoon veiligheidsprosedures in die laboratorium is baie streng en elke toetslopie hang van die kapasiteit van toerusting af.
Tans word outomatiese onttrekkings sowel as onttrekkings met die hand gedoen. Vir outomatiese onttrekkings wissel dit tussen 12 en 32 lopies op ’n slag oor vier platforms met elke lopie wat drie tot vier uur duur.
Volgens Makumbi maak Namibië van die PCR (Polymerase chain reaction)-toets gebruik, ’n laboratoriumtegniek wat gebruik word om verskeie weergawes van ’n segment van DNA te maak. Dit is akkuraat en kan gebruik word om ’n spesifieke DNA-teiken van ’n mengsel van DNA-molekules te vermenigvuldig of kopieer.
Volgens Mukumbi kan jy dit met ’n vingerafdruk of geen van ’n organisme verduidelik en word dit gebruik om die virus in weefselmonsters op te tel.
Mnr. Petrus Endjala, hoof mediese tegnoloog in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), het op sy beurt gesê hoewel griep en Covid-19 albei respiratoriese siektes veroorsaak, is dit geneties verskillend en word spesifieke gene vir Covid-19 in die toetse geteiken.
Spoedtoetse teiken meestal teenliggaampies. Spoedtoetse wat die regering ontvang het, word volgens hom nie tans gebruik nie, omdat dit nog nie aan ’n “deeglikse proses” onderwerp is om te bepaal of dit geskik is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie