Nintendo se Pokémon Go-vreugde van korte duur
Nintendo se aandeelprys het Vrydag met 17% geval nadat die maatskappy gesê het die finansiële impak van die wêreldwye treffer Pokémon Go gaan beperk wees.
Die daling in sy aandeelprys het Nintendo se markwaarde met ongeveer US$6,4 miljard verlaag.
Hy kan volgens die aandelemarkreëls in Tokio nie meer as 18% per dag verander nie.
Pokémon Go is vroeg in Julie in Amerika bekendgestel. Dit is van Vrydag in Japan beskikbaar en die Pokémon-karaktertjies kan nou in Hongkong gesoek word.
Die regstelling kom nadat die bekendstelling van Pokémon Go Nintendo se aandeelprys deur die loop van die dag Vrydag bykans laat verdubbel het en US$17,6 miljard by sy markwaarde gevoeg het.
Nintendo is ’n aandeelhouer in die ontwikkelaar van die speletjie, Niantic en Pokémon, maar het ’n effektiewe ekonomiese aandeel van slegs 13% in die app, volgens ’n skatting deur David Gibson, ’n ontleder by Macquarie Securities.
Beperkte impak
In ’n mediaverklaring wat Vrydag na die marksluiting in Japan uitgereik is, sê die maatskappy wat in Kyoto gebaseer is, die speletjie se finansiële impak gaan “beperk” wees en hy verwag nie om sy jaarlikse voorspelling opwaarts aan te pas gegrond op “huidige omstandighede” nie.
Verkope van Pokémon Go Plus, ’n Nintendo-vervaardigde bykomstigheid vir die speletjie, is reeds in sy bestaande winsskatting ingereken.
“Die inhoud van die aankondiging self is nie so skokkend nie, maar dit is verrassend dat hulle dit Vrydag gesê het in plaas van later die week wanneer hulle hul verdienste aankondig,” sê Nobuyuki Fujimoto, ’n senior markontleder by SBI Securities in Tokio.
“Die speletjie is nou beskikbaar in Japan, dus vir die oomblik het ons alle katalisators uitgeput.”
Die maatskappy gaan môre nadat die markte gesluit het, sy verdienste vir die eerste kwartaal bekend maak. ’n Tydperk voor die bekendstelling van Pokémon Go.
Nintendo voorspel ’n jaarlikse netto wins van 35 miljard jen vir die huidige fiskale jaar, teenoor die 16,5 miljard jen wat hy in die 2015-boekjaar verdien het.
Beleggers wed teen groei
Daalverkope se belangstelling in Nintendo het vroeër die maand gegroei soos wat beleggers teen die groei van die aandeel gewed het.
Volgens IHS Markit, ’n marknavorser in Londen, het daalspekulanteverkopers teen 20 Julie ’n bedrag van US$940 miljoen, of 2,6% van die uitstaande aandele, gewed dat die aandeelprys gaan daal.
Aandele van verwante maatskappye het ook gedaal. Mcdonald’s Holdings in Japan, die speletjie se eksklusiewe bekendstellingsvennoot, se aandele het met 11% gedaal.
Hosiden, vervaardiger van elektroniese onderdele, wat volgens Mitsubishi UFJ Financial Group moontlik Pokémon Go Plus kan vervaardig, het met 10% gedaal.
Buiten vir die verdienste aankondiging môre, sê Morgan Stanley die volgende fokuspunt gaan wees of Pokémon Go in China bekend gestel gaan word, waar toegang tot geografiese inligting deur die regering beperk word.
Beleggers wag ook vir aankondigings oor Nintendo se ander komende mobiele speletjies en sy volgende geslag-speeltafel wat na verwagting later vanjaar bekend gestel gaan word, sê die ontleders Mia Nagasaka en Yuki Maeda.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie