Nimt-moordverdagte eindelik aangekla

Lictenstrasser ontken bewerings

10 May 2019 | Howe
Leandrea Louw op Swakopmund - Die 57-jarige dosent van die Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat gister vir die moorde op dié instelling se hoof en adjunkhoof, mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in die landdroshof op Swakopmund verskyn het, ontken hy het dit gedoen.

“Ek het dit nie gedoen nie. Hulle het die verkeede ou. Volg die afgtergrond van die saak op,” het hy gesê toe hy onder polisiebewaking by die hof aangekom het.

Lichtenstrasser is nie gevra om te pleit nie.

Hy was die afgelope drie weke in aanhouding op ’n klag wat met die besit van ’n vuurwapen verband hou.

Hy is eers vandeesweek met die moorde verbind.

Mueller en Hellwig is vroeg die oggend van 15 April op Nimt se Arandis-kampus doodgeskiet.

Die staatsaanklaer, me. Maria Shilongo, het borgtog teengestaan weens die erns van die misdaad en die polisieondersoek wat nog aan die gang is.

Sy het ook gesê borgtog is nie in die openbare belang nie.

Landdros Nelao Brown het die saak tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel en beveel die beskuldigde moet in aanhouding in die Walvisbaaise polisie-aanhoudingselle bly.

Lichtenstrasser het aangedui hy is siek en moet gereeld medies ondersoek word.

“Toestande in die Walvisbaaise polisie-aanhoudingselle is baie onhigiënies en met aangehoudenes oorlaai. Die polisie is nie te blameer vir die siekte waaraan ek ly nie.”

Brown het toe beveel hy moet in die Walvisbaaise korrektiewe fasiliteit aangehou word, wat die beskuldigde ook teengestaan het.

“Die Arandis-aanhoudingselle is baie skoner en daar is net ’n paar mense in aanhouding. Ek sal ook nader aan my vrou en prokureur wees, wat in Windhoek is.”

Shilongo het kapsie hierteen gemaak en gesê die moorde waarvan hy aangekla is, het op Arandis plaasgevind, waar sy kollegas ook bly.

“Dit sal nie in die belang van geregtigheid wees of vir hom veilig wees om op Arandis aangehou te word nie. Die Walvisbaaise korrektiewe fasiliteit is meer as geskik vir die beskuldigde se behoeftes en siektes.”

Brown gesê as Lichtenstrasser nie gelukkig met die toestande by die fasiliteit is nie, kan sy regsverteenwoordiger die staat nader om ander reëlings te tref.

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

31 minute gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

31 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

31 minute gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

31 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

31 minute gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

31 minute gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

31 minute gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

31 minute gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

31 minute gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...