Niks fout met Trump se gesondheid óf kop nie
Pres. Donald Trump van Amerika is blakend gesond en sal na verwagting fisiek gesond bly vir die res van sy presidentskap. Hy moet net 'n bietjie gewig verloor.
Dít was Dinsdag die bevinding van dr. Ronny Jackson op 'n nuuskonferensie by die Withuis in Washington.
Die uitslae van Trump se mediese ondersoek én 'n kognitiewe toets kom te midde van die skrywer Michael Wolff se opspraakwekkende boek waarin personeel in die Withuis beweer Trump sê dieselfde goed by herhaling.
Trump het verlede Vrydag die mediese ondersoek by die Walter Reed Nasionale Mediese Sentrum ondergaan. Hy het ook 'n kognitiewe toets ondergaan. Trump se telling in die Montreal- kognitiewe assessering was 30/30, sê Jackson.
Jackson het aanbeveel dat Trump van die gimnasium in die Withuis gebruik moet maak om 'n paar kilogram af te skud. Hy moet ook 'n gesonde eetplan volg.
Trump se gewig is tans 108 kg en hy is 1,9 m lank, sy hartklop is 68 en sy bloeddruk 122/74.
Jackson het die 71-jarige president se goeie gesondheid toegeskryf aan uitstekende gene, die “manier hoe God hom gemaak het” en die feit dat Trump hom weerhou van alkohol en tabak.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie