Nie veel goeie nuus van Gordhan
Pravin Gordhan het matige fiskale konsolidering vir die volgende drie jaar voorgestel, met die regering se bestedingsplafon wat volgende jaar met R10 miljard gesny word.
Francois Williams - Nog hoër belastings kom in Suid-Afrika, maar wag tot Februarie om die fyner besonderhede daarvan te hoor, blyk uit Pravin Gordhan, die buurland se minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsraamwerk.
Gordhan wou gister geen besonderhede van moontlike belastingverhogings gee nie, want dit sal in Februarie se begroting bekend gemaak word. Hy het egter weer eens beklemtoon die regering saam met die sakesektor, die arbeidsektor en die burgerlike samelewing moet nou dringend saamwerk om inklusiewe groei te bevorder wat nie net gevestigde belange dien nie.
Geld om weer geen universiteitsgeld-verhogings vir 2017 moontlik te maak, kom van die tesourie se gebeurlikheidsfonds. Die fonds sou volgende jaar R10 miljard en die jaar daarna R15 miljard bedra het, maar is verklein tot onderskeidelik R6 miljard en R10 miljard. Dit is deel van die plan om oor die volgende drie jaar R17 miljard ekstra vir universiteite en studente toe te ken.
Belasting
Gordhan stel matige fiskale konsolidering voor vir die volgende drie jaar, met die regering se bestedingsplafon wat volgende jaar met R10 miljard gesny word, en R13 miljard se ekstra inkomste wat geteiken word.
Saam met die voorstelle wat reeds in die 2016-begroting in Februarie aangekondig is, wil die tesourie volgende jaar R28 miljard se ekstra belastinginkomste invorder. Hy mik om hierdeur die begrotingstekort van 3,4% van die BBP tot 2,5% teen die 2019-''20-boekjaar te verlaag.
Gordhan waarsku dat Suid-Afrika in ''n laegroei-strik kan beland as die tesourie besteding te skerp sny. Saam met die besteding moet daar ook daadwerklike optrede kom om beleggersvertroue te herstel. Gordhan meen die inisiatiewe van die afgelope nege maande om konsensus onder die sake- en arbeidsektor te kry om saam met die regering te werk, en die koers wat die tesourie inslaan om skuldvlakke laer te bestuur, moet help om die kredietgraderingsagentskappe te oortuig om nie Suid-Afrika teen die jaareinde tot rommelstatus af te gradeer nie.
''Groen lote''
Hoewel die tesourie sy verwagting vir ekonomiese groei vir vanjaar afgeskaal het tot 0,5% van die 0,9% wat nog in Februarie genoem is, is Gordhan positief dat daar tekens van groen lote is wat dui op beter groei van 1,3% in 2017 en 2% in 2018. Nuwe kragopwekkingsvermoë wat bykom, die landbousektor wat herstel namate die droogte tot ''n einde kom, en uitvoer en internasionale toeristegetalle wat weer groei, is van die punte wat hy uitlig as tekens van herstel. Die swakker rand het geleenthede vir uitvoergroei geskep, en minder werkdae het weens stakings verlore gegaan.
Hy waarsku egter oor die risiko''s van trae groei in die res van Afrika, die gevolge van Brexit, en die moontlikheid van nog swakker groei in China, wat Suid-Afrika kwesbaar maak.
Lone
Die staat se loonrekening laat die tesourie steeds kopkrap.
Hoewel beperkte begrotings by staatsdepartemente reeds personeelgetalle gestabiliseer het, het die lone van verpleegsters, onderwysers en polisielede in reële terme met 2% per jaar gegroei in die afgelope vier jaar. Om binne hul begrotings te bly oor die volgende drie jaar, waarsku Gordhan dat alle nasionale staatsdepartemente hul personeelgetalle sal moet stabiliseer deur normale attrisie soos aftredes en bedankings.
''n Nuwe loonooreenkoms met staatsdienswerkers sal in die 2017-''18-boekjaar onderhandel word, en Gordhan sê as dit in pas is met inflasie kan meer geld aan ander prioriteite bestee word en sal die druk op personeelgetalle verlig kan word.
Belastinginvordering vir die eerste helfte van die lopende boekjaar is skerp laer as verwag, meestal weens te min persoonlike-inkomstebelasting wat ingevorder is, sê Gordhan. BTW-invorderings was ook traag weens die swak vraag na goedere. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie