Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

Instelling erf NDC en ODC se uitgawes

27 September 2021 | Ministeries
Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes van afgetrede werknemers van die voormalige Namibia Development Corporation (NDC) en Offshore Development Corporation (ODC) te betaal.

Volgens Nida maak dié begunstigdes 30% van Nida se totale begunstigdes, hul weduwees of wewenaars en hul afhanklikes uit wat vir mediesefondsvoordele kwalifiseer.

“Dié situasie is finansieel onvolhoubaar,” sê mnr. Wessel !Nanuseb, Nida se senior bestuurder van korporatiewe dienste en menslike hulpbronne.

!Nanuseb het reageer op vrae oor Nida se geldelike verknorsing wat aan die agentskap se uitvoerende hoof, mnr. Mihe Gaomab, gestuur is. Die mediesefondsdekking van Nida se sowat 270 werknemers en pensioenarisse hang in die weegskaal.

Namibia Health Plan (NHP) het vroeër die maand Nida se mediesefondsvoordele opgeskort omdat dié SOE se bydraes twee maande agterstallig is. Ná Nida Augustus se bydraes kon oorbetaal, het NHP die opskorting opgehef – maar net tot 20 September. Verlede Maandag het Nida opnuut uitstel gevra en is die sperdatum tot 12:00 Vrydag verleng.

Volgens !Nanuseb het Nida Vrydag ‘n ooreenkoms met NHP bereik om 65% van September se bydraes te betaal en die res teen maandeinde. !Nanuseb wou egter nie sê wat die bedrag beloop wat Nida veronderstel is om maandeliks aan die mediese fonds oor te betaal nie.

WETLIK VERPLIG

Hy het wel bevestig dat Nida weens kontantvloeiprobleme nie kon byhou met die betaling van mediesefondsbydraes nie. Sedert Mei vanjaar het Nida egter pogings verbeter om “prioriteitsbetalings” aan derde partye soos mediese fondse te verseker en is Nida tans net twee maande agterstallig met sy mediesefondsbydraes, aldus !Nanuseb.

Volgens hom is die las “uniek” wat mediesefondsbydraes op Nida se geldlike posisie plaas. Die agentskap is nie net verantwoordelik vir die voordele van bestaande permanente werknemers nie, maar is kontraktueel ook verbind om die mediesefondsbydraes van NDC- en ODC-werknemers vóór April 2008 te betaal.

Nida is in 2018 gestig en inkorporeer die voormalige NDC en ODC. Dit ressorteer onder die ministerie van nywerheid en handel.

Seksies 30 en 31 van die Nida-wet bepaal dat die agentskap vir “alle bates, regte, laste en verpligtinge” van die NDC en ODC verantwoordelik is.

Volgens !Nanuseb is Nida besig om met sy prokureurs oor dié seksies en die pad vorentoe te beraadslaag. “Ons bly egter bewus van die heersende Covid-19-pandemie en die behoefte om ons mediese verpligtings met die finansiële volhoubaarheid van die agentskap te balanseer,” sê hy.

Republikein het onlangs berig dat Nida ook agterstallig met belasting is, terwyl die koerant ook op antwoorde wag oor beweringe dat watertoevoer onlangs by die David Shikomba-sakepark in Ongwediva gesny is weens agterstallige skuld van N$800 000 aan die dorpsraad.

Soortgelyk

 

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

2 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

3 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

4 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

4 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Creativity and mental health: Where do we overstep

16 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

16 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

16 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

16 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

16 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...