Nico, ons sal jou mis
JURIE VILJOEN SKRYF:
Nico was soos sy pa, sinoniem met Nictus, een van die oudste en indrukwekkende besighede.
Ten spyte van hierdie verbintenis en besigheidsvernuf wat ook sy neerslag in Suid-Afrika het, was Nico ’n nederige en menslike persoon.
Ten spyte van sy betrokkenheid by hierdie besighede het hy alles feil gehad vir die Afrikanersaak waarvoor hy hom beywer het op ’n nie-politieke basis. Hy het hom vir baie jare beywer vir die Voortrekkerbeweging in Namibië, wat hy met hart en siel ondersteun en bevorder het.
Dekades terug het die gedagte om Netwerk te stig by hom ontstaan. Netwerk is deur Nico geinisieer met die doel om die Afrikaner se saak te bevorder. Hy is met die stigting ondersteun deur nege ander manne. Ons tien het onsself die decem viri genoem. Hierdie is ’n latynse benaming wat in ou Romeinse Ryk gebruik is om die aktiwiteite van enige tien mans in die gemeenskap aan te dui.
Die decem viri het hulle beywer vir die stigting van ’n nie-politieke organisasie. Deur hierdie inisiatief het Netwerk tot stand gekom en die doel was om ’n kulturele tuiste vir die Afrikaner en sy saak te skep.
Ek en hy het ’n paar jaar na onafhanklikheid met ’n driesitplekvliegtuig Ondangwa toe gevlieg waar die hele land se afvaardigings van tweedevlakowerhede bymekaar gekom het. Nico het ons saak verduidelik en beklemtoon, dat ons nie daar is om politiek te bedryf nie, maar dat ons Afrikaners graag deel wil wees en wil bydra tot die toekoms van hierdie land.
Onnodig om te verduidelik dat ten spyte van die verguising wat ons ervaar het, Nico Tromp met waardigheid die negatiewe antwoord van die afvaardiging aanvaar het.
Hy het hom beywer vir die uitbouing van ’n Afrikaner-biblioteek/museum/argief (Erfdeel), waarin veral die Afrikaner se dokumentasie en oudhede neerslag gevind het.
Ons wil saam met sy vrou Denise, kinders en kleinkinders rou oor ’n man wat met geen onduidelikheid ’n groot rol in hierdie land gespeel het nie. Ons sal hom mis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie