Nici se sopnat verjaarsdae
Nici se sopnat verjaarsdae
14 January 2021 | Rubrieke
Tanja Bause – Ek het ’n vriendin, Nici, wat jaarliks op haar verjaarsdag op 3 Januarie ’n plek in die land kies en mense uitnooi om daar saam met haar te gaan vier. Verlede jaar was die party op Mata Mata in die Kalagadi Oorgrenspark.
Vyf van ons het vol verwagtinge in die pad geval. ’n Paar ure nadat kamp opgeslaan is, het ’n donkergrys muur oor die vlakte aangerol gekom en oomblikke later het dit begin sous. So ook die volgende aand toe moedernatuur ’n skouspel van weerlig en donder op die planke sit.
Die vyf van ons het aan die gazebo gehang om te verhoed dat dit deur die wind weggeblaas word. Dit het gevoel asof die weerligstrale enkele meter van ons af die aarde tref en hoewel ons sopnat was, was dit lekker, want wie juig nie as dit reën nie?
Dit was besonders lekker totdat iemand gesê het: “As die weerlig nou die gazebo tref, sal die opskrif lees ‘Vyf verkooldes hang aan ’n gazebo’.”
Die jaar se vieringe was op die Rainbow River Lodge naby Divundu in die Caprivi. Dié keer was ons 13 wat die pad gevat het.
Ons het geweet dit gaan reën en het ’n baie groot gazebo ingepak waaronder drie van ons meisies hul klein tente sal opslaan sodat hulle teen die reën beskerm is, of so het ons gedink.
Dit het elke nag gereën en dan so ná ontbyt opgehou sodat ons wonderlike dae op die rivier kon bestee.
Alles het egter in die vroeë oggendure van 3 Januarie verander. Ons het in ons tente gelê toe daar omstreeks 04:00 ’n reënbui uitsak. Kort-kort sien jy die lig van ’n flitslig wat kyk of buite alles nog reg is. Dit lyk soos ’n rivier wat tussen ons tente deurloop en die vrees dat ons in die Kavangorivier sal beland met tent en al was op ons.
Ek gewaar weer die flits en kom agter Lulu langs my is buite haar tent.
“Is jy oukei?” vra ek.
“Nee,” antwoord sy. “Hier kom groot [email protected]#.”
Die gazebo het weens sy grootte water opgegaar en gelyk of die bene sal meegee of die waterblase gaan breek, wat ’n paar sentimeter vanaf my tentdak gehang het.
Ek het uit die tent gevlieg en ons het op koelbokse gaan staan en met plastiekbakke water begin skep. Ek skep nog so lekker water, toe die bak breek en deur die lug trek en ek met ’n stuk plastiek in my hand staan.
Ashley het uit haar tent gekom en die drie van ons het water geskep. Soos ons uitskep, so loop water in. Ons het later aan die gazebo gehang om dit reguit te trek sodat die water kan afloop. As ek nou terugdink, was dit seker baie snaaks, die drie van ons wat sopnat elk aan ’n kant klou en soms hulpeloos bedroef boontoe kyk.
Ashley het ’n baadjie aangetrek en so het die water by die moue ingeloop en onder uitgeloop. Sy het besonders bedroef gelyk. Lulu het kor-kort onder die waterblase gaan staan en hulle opgelig sodat die water kan afloop. Dan hoor jy net hoe sy na asem snak as die koue water op haar gesig val.
Dapper het ons daai nag geveg teen die reën en alles wat moedernatuur ons kant toe gegooi het.
Daar was nog drie ander gazebo’s waaronder die kombuise en sitkamer ingerig was. Ná ’n redelike tyd het Lulu besluit om die kombuise en sitkamer te ontruim en in een te pak sodat ons ons tente onder die ander een kan inskuif en die groot een kan opvou en aan sy lot kan oorlaat.
So gesê en so gedoen en ná ’n uur vandat Lulu benoud gesê het daar is probleme op pad het ons yskoud en sopnat in ons warm beddens ingeklim, net betyds om die laatste druppels te hoor val.
Die volgende oggend het Deon, eienaar van die lodge, ons kom vertel sy reënmeter het oorgeloop en hy het dus geen idee hoeveel dit daai nag gereën het nie.
Ons almal wag in spanning op volgende jaar se uitnodiging. Dalk sal dit op Vogelfederberg wees, maar met ons geluk sal dit in daai tyd wel in die Namibwoestyn reën en ons sopnat word. Ons het nou al vrede gemaak dat Nici, haar verjaarsdag, reën en sopnat wees hand in hand gaan.

Soortgelyk
Moratorium op uitreik van brandstoflisensies opgeskort
2 ure gelede | Energie
Afrika ontvang eerste entstowwe van Covax
4 ure gelede | Gesondheid
Namcol hersien strategie vir graad 12-leerplan
6 ure gelede | Onderwys
Leë Kunenerivier kortwiek Ruacana
16 ure gelede | Infrastruktuur
Reënboog in volle sirkel
16 ure gelede | Weer
Vrou 'speel net' met hondjies in wasmasjien
16 ure gelede | Maatskaplik
Bruidspaar wen 'n goeie nagrus
16 ure gelede | Gebeure
Weer, Dinsdag 2 Maart 2021
16 ure gelede | Weer
Geldinsameling help Fishrot-hokaairoeper
16 ure gelede | Misdaad
Kleinadvertensies