Nghidinwa: Speaker betuig meegevoel
Die speaker van die nasionale vergadering, prof. Peter Katjavivi, het namens die parlement meegevoel met die familie en vriende van die ontslape me. Rosalia Nghidinwa betuig.
“As 'n parlementslid het sy 'n sterk verbintenis met programme getoon wat op gemeenskapsontwikkeling in landelike gebiede en die verbetering van die welsyn van weerlose groepe, insluitende bejaardes, vrouens en kinders, fokus.
“Die parlement en die nasie in sy geheel sal hierdie ervare leier en moeder met 'n passie vir behoeftiges mis. Sy was inderdaad 'n steunpilaar in die vorming van ons nasie se toekoms.
“Mag haar siel in ewige vrede rus,” sê Katjavivi.
Intussen het die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie aangekondig 'n staatsbegrafnis sal vir Ngindinwa gehou word.
Dit is nog nie bekend wanneer dit sal plaasvind nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie