Nu00f3g vyf jaar vir Conrad Lutombi
Nu00f3g vyf jaar vir Conrad Lutombi

Nóg vyf jaar vir Conrad Lutombi

Die Paaieowerheid (RA) se mnr. Conrad Lutombi is vir 'n tweede termyn van vyf jaar as uitvoerende hoof aangestel.

Dié aankondiging is Woensdag deur dié staatsonderneming se raad gemaak.

Volgens mnr. Brian Katjaerua, raadsvoorsitter, is Lutombi ’n korporatiewe leier met goeie akademiese kwalifikasies en verwysings.

Volgens hom verpersoonlik Lutombi die moderne sakeleier en streef hy voortdurend na verbetering.

“Onder sy leiding het die RA die organisatoriese doelstelling in sy strategiese plan ver oortref,” sê Katjaerua.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer