Nóg twee van Hardap vas
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Dinsdag nóg twee werknemers van die Hardapstreeksraad vir beweerde tenderongerymdhede in hegtenis geneem.
Me. Theresia Basson, waarnemende hoof van die streeksraad, asook direkteur van beplanning, en mnr. Gerson |Hochobeb, haar adjunkdirekteur, se inhegtenisname volg op dié van me. Yvonne Boois, streeksraadshoof, op soortgelyke aanklagte.
Boois se inhegtenisname het betrekking op die toekenning van tenders in die Hardapstreek terwyl sy aan die hoof van die streeksraad gestaan het.
Volgens mnr. Paulus Noa, direkteur van die ACC, staar die verdagtes 12 aanklagte in die gesig gebaseer op die rol wat elk in die toekenning van tenders gespeel het.
"Die aanklagte hou verband met die toekenning van tenders aan familielede. Daar word beweer die verdagtes het tenders direk of indirek aan hulle toegeken," het Noa gesê.
Volgens Noa het die aanklaer-generaal besluit Boois, Basson en |Hochobeb moet vervolg word op korrupsieklagte wat met die toekenning van tenders verband hou. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie