Nóg twee sterftes, 201 toets positief
Windhoek, nie meer Walvisbaai nie, is nou die episentrum van die Covid-19-uitbreking in Namibië, het die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag gesê.
Uit die 201 nuwe bevestigde Covid-gevalle is 158 van Windhoek.
Uit die totale nuwe gevalle is die jongste een jaar oud en die oudste 92.
Die ander gevalle is: Walvisbaai (17); Swakopmund (11); Oshakati (7); Otjiwarongo (2); Rehoboth (2); Katima Mulilo (2); Okahandja (1) en Okakarara (1).
Shangula het ook twee nuwe Covid-verwante sterftes bekend gemaak. Dit bring die totale sterftesyfer op 39 te staan.
‘n Man (73) van Windhoek met onderliggende mediese toestande is op 12 Augustus in ‘n hospital in die hoofstad opgeneem. Hy is gister oorlede.
Vrou van 84 is op 16 Augustus op Gobabis oorlede. Sy het verskeie onderliggende mediese toestande gehad.
Die aantal bevestigde Covid-gevalle in Namibië staan nou op 4 665, waarvan 2 426 herstel het en 2 200 aktief is.
Altesaam 43 990 monsters is reeds getoets.
Die kwarantyntotaal is 8 383, waarvan 6 770 ontslaan is. Tans is 1 613 mense in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie