Nóg 'spookonderwysers' word landswyd gesoek
'n Ondersoek deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ongerymdhede met die betaling van salarisse en toelae ontbloot.
Henriette Lamprecht - Nog inhegtenisnames kan volg ná 19 onderwysers reeds in die noorde van die land vasgetrek is omdat hulle na bewering die ministerie van onderwys, kuns en kultuur met miljoene bedrieg het.
Volgens die permanente sekretaris sluit dié wat vasgetrek is individue in wat steeds in diens van die ministerie staan, terwyl ander afgetree is of bedank het.
Volgens me. Sanet Steenkamp kan die werklike getal “spookonderwysers” en dié wat hulle aan bedrog skuldig gemaak het, nog nie bepaal word nie omdat die landswye ondersoek steeds voortduur.
Sy het voorts gesê die ondersoek na beweerde “spookonderwysers” het gevolg op 'n oefenlopie op die ministerie se betaalstate in verskeie streke met die doel om die “voortdurende styging” in salarisse te ondersoek. Spesifieke ondersoeke na bedrieglike betalings in die Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en die Zambezistreek het gevolg, terwyl betaallyste in al 14 landstreke nagegaan is.
In November verlede jaar is getel presies hoeveel onderwysers daar in werklikheid is. Dit is in Januarie en Februarie herhaal.
“Die fokus van verlede jaar se verifiëring was meer op skole, onderwys- en nie-onderwyspersoneel,” verduidelik Steenkamp.
Volgens haar is die ondersoeke in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek voltooi, terwyl ondersoeke in ander streke nog nie voltooi is nie.
Sy het voorts gesê die koppetellery is genoodsaak deur die “herhaalde oorbesteding” van die ministeriële begroting. Daar was ook vermoedens van bedrieglike aktiwiteite in sommige streke en wenke van die publiek oor die moontlikheid van “spookonderwysers” in die stelsel.
Volgens Steenkamp was die ondersoeke nodig om moontlike oorsake van oorbesteding van die personeelbegroting te hanteer.
“Ook moes verseker word dat alle personeel wat 'n maandelikse salaris ontvang, wel bestaan en 'n diens verrig deur fisiek by die onderskeie skole teenwoordig te wees. Verifiërings moes ook gedoen word om te verseker die inligting oor die personeelkorps op skoolvlak stem ooreen met die inligting by die streekskantore vir menslike hulpbronne,” sê Steenkamp.
Dié “kritieke oefening” het volgens haar ongerymdhede met betrekking tot die betaling van salarisse en toelae aan personeel ontbloot wat lank reeds bedank het en afgetree is of uit die staatsdiens padgegee het.
Volgens haar is daar steeds gevalle van onderwysers en ondersteuningspersoneel wie se “bewys van bestaan” nog nie aangeteken is nie.
Ook is daar steeds 'n aantal onderwysers en ondersteuningspersoneel wat nog nie sedert die oefening in November verlede jaar van stapel gestuur is, geverifieer is nie.
“'n Aantal gevalle kon nie geverifieer word nie weens verskeie redes wat wissel van sterfte, afdanking, aftrede, bedanking, swak gesondheid, 'n kontrak wat beëindig is asook studieverlof.”
Steenkamp het gemaan dit is nie net haar ministerie wat deur “spookpersoneel” geraak word nie.
“Dit kom voor in alle sektore. Die verifiëring van betaallyste en 'n koppetellery is die eerste stap na die identifisering en takeling hiervan,” het sy gesê.
Van die onderwysers wat reeds vasgetrek is, was volgens Steenkamp steeds in die diens van die ministerie, terwyl ander afgetree het of bedank het.
Sy kon nie sê hoeveel onderwysers deel van die ondersoek is nie.
Die 19 personeellede wat by die bedrog van N$10 miljoen betrek word en reeds vasgetrek is, sluit onderwysers en salarisbeamptes in. Hulle staar klagte van bedrog en die oortreding van die wet op georganiseerde misdaad in die gesig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie