Nóg reën voorspel
Reën het die afgelope Onafhanklikheidsnaweek wyd oor Namibië geval en groot neerslae is gemeet – van die Suide tot die Noordweste, waar die reën vanjaar sy opwagting laat in die seisoen gemaak het. Die weerkantoor waarsku teen swaar buie wat in die Noordweste, sentrale Noorde en die streke van Otjozondjupa, Khomas, Hardap en ||Kharas sal voortduur. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. Björn Basler het dié foto Maandag op Farm Helmeringhausen in die Suide geneem.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie