Nóg 'n verdagte vir Kapps Farm-aanval vas
Francoise Steynberg
Nog ''n verdagte in die Kapps Farm-aanval op ''n bejaarde man, is Donderdagaand by Okahandja vasgetrek.
Volgens ''n woordvoerder van die polisie, komm. Edwin Kanguatjivi, was die vermeende gewapende rower onderweg na die Noorde toe hy by Okahandja in hegtenis geneem is.
Dit volg ná een van sy makkers Woensdagmiddag in die Havana informele nedersetting in Katutura in die hoofstad deur die polisie doodgeskiet en ''n ander een in hegtenis geneem is.
Die voorval spruit uit vyf onbekende mans wat Woensdagoggend die bejaarde mnr. Wolfgang König (69) kort ná middernag in die omgewing van Kapps Farm, oos van Windhoek, aangerand en beroof het.
Die aanvallers het vir König aan sy hande en bene vasgemaak en hom op sy maag laat lê. Hulle het glo kontant van 4 000 euro, N$2 000, ''n skootrekenaar, twee gewere, ''n pistool en patrone uit die kluis gesteel.
Volgens Kanguatjivi het die aanvallers met König se Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan. Hulle het die voertuig verlaat toe die polisie hulle agterna gesit het.
"Die gewapende rowers het weggehardloop en op die polisie begin skiet. Niemand is in dié voorval gewond nie," het Kanguatjivi gesê.
Die polisie het glo twee selfone, vier gebruikte patroondoppies en een lewendige patroon, klere en skoene in die voertuig gevind.
Volgens Kanguatjivi het die polisie hul ondersoek Woensdag deur die dag voortgesit en die gewapende rowers is tot in Omutulastraat in die Havana informele nedersetting in Katutura gevolg.
"In Havana was daar weer ''n skietery van die rowers se kant af, waarskuwingskote is deur die polisie afgevuur waarna een van die gewapende rowers noodlottig gewond en ''n ander een in hegtenis geneem is," het Kanguatjivi gesê.
Volgens die polisie is twee verdagtes nog voortvlugtend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie