Nóg 'n 'spookboot' spoel uit
Altesaam 113 Noord-Koreaanse bote met lyke het al aan die Japannese kus uitgespoel.
Nog 'n vissersboot van Noord-Korea met dooie mense aan boord het aan die westelike kus van Japan uitgespoel.
Dit is die 113de sogenaamde “spookboot” sedert verlede jaar wat aan die Japannese kus uitspoel. Volgens CNN is 43 lyke al in dié tyd gevind. In die jongste voorval het die boot met sewe lyke aan boord uitgespoel.
Volgens Sky News is die ontbinde oorskot van nog agt mans aan boord van 'n ander vissersboot in dieselfde omgewing in November gevind. Dit kan met Noord-Korea verbind word omdat daar onder meer sigarette met Noord-Koreaanse handelsname aan boord gevind is.
Daar word in Japan na dié bote as “spookbote” verwys omdat die bemanning reeds dood is wanneer die bote uitspoel.
Kenners meen daar is voedseltekorte in Noord-Korea wat die vissermanne al verder die diepsee indwing wat dié tyd van die jaar baie rof is en die water baie koud.
Noord-Korea is meer as 'n 1 000 km van Japan geleë en die bote is nie toegerus om so ver te vaar nie.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie