Nu00f3g 'n pluimpie vir Namibiu00eb
Nu00f3g 'n pluimpie vir Namibiu00eb

Nóg 'n pluimpie vir Namibië

Tammy Kleinhans
Tammy Kleinhans

Namibië is vir die derde keer as een van die top reisbestemmings vir 2015 aangewys.
Reis-webwerwe en reisgidse het onlangs hul topvyf aanbevelings vir reisigers vir 2015 aangekondig.
Volgens die jongste berig op die webtuiste van Astro Awani, is Namibië naas Viëtnam die moet-sien reisbestemming wat toeriste nie in 2015 moet misloop nie, gevolg deur Panama, Nicaragua, Litaue en die stad Mons in België.
Volgens die webtuise volg Namibië in Suid-Afrika se voetspore en het die afgelope paar jaar in gewildheid onder reisigers toegeneem. Namibië se gewildheid word toegeskryf aan die land se natuurlike erfenis.
Namibië is onder meer bekend vir die groot aantal wilde diere, natuurparke, wat die Etosha Nasionale Park insluit, en die Kalahari-woestyn.
Namibië is onlangs ook deur die Spaanse aanlynreisagentskap Destinia.com as naaswenner aangewys wat betref topreisbestemmings, met Doebai in die eerste plek. Vroeër vanjaar het Lonely Planet ook Namibië as die tweede beste reisbestemming gekroon.

Kommentaar

Republikein 2025-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer