Nóg ’n ongeluk op westelike verbypad
Tanja Bause - ’n Ongeluk tussen ’n kombi en ’n klein vragmotor het gister op die westelike verbypad plaasgevind.
Die kombi het van die stad af op Manduma Ndemyfayoweg in die rigting van die westelike verbypad gery.
Volgens ’n beampte van die stadspolisie wou die kombi se bestuurder by die kruising regs draai op die westelike verbypad en het hy teen die vragmotor, wat by die kruising regs wou draai na Kupferberg, gebots.
“Volgens die ongelukstoneel en die impak blyk dit die bestuurder het te vinnig gery en beheer oor die voertuig verloor. Spoed blyk hier die oorsaak te wees,” het hy gesê.
Die kombibestuurder is met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem, terwyl die bestuurder van die vragmotor en sy passasier net lig beseer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie