Nóg 'n NSSU-toer onder 'n wolk
Skolerugby
Andrew Poolman - Ouers se ontsteltenis oor gebrekkige reëlings het gister die vertrek van die Namibiese skolerugbyspan na die o.18 Akademieweek in die Paarl oorskadu.
Die nasionale o.13's en o.16's neem vandeesweek reeds in Kimberley aan hul jaarlikse provinsiale toernooie deel. Dieselfde wolk hang oor al drie spanne onder die vaandel van die Namibiese Skolesportunie (NSSU), met laasgenoemde twee spanne in 'n ysige Kimberley wat ná minstens twee wedstryde elk steeds op hul nasionale sweetpakke wag.
Gisteroggend moes die o.18-span om tienuur by hul vertrekpunt aanmeld, maar opnuut was daar ure se vertraging. Eers is gewag vir die klerasie en daarna die spanbus. Die finale kinkel was dat die bus glo nie 'n permit het om die grens oor te steek nie.
Teen druktyd gister het die spelers reeds die hele dag by die sportstadions in Olympia vergeefs gewag om in die pad te val.
Ouers – in besonder dié van verafgeleë plekke buite die hoofstad – is ontstoke oor die gebrekkige reëlings wat die NSSU se nasionale spanne die afgelope week teister.
Ouers wat reeds bydraes van N$3 500 per kind moes maak, is briesend omdat hulle gister geld bymekaar moes skraap om die span vanoggend uit Windhoek te laat vlieg.
“Van ons kinders word verwag om honderd persent gedissiplineerd te wees en om al hul wedstryde te gaan wen. Maar nou sien jy hoe die volwassenes in hul logistieke take misluk wat reeds lankal afgehandel moes gewees het,” het een ouer gesê.
Die NSSU se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker, is in die spervuur omdat hy uitsluitlike verantwoordelikheid vir sommige van die pligte dra, waarvoor die onderskeie spanbestuurders aanvanklik by ouers moes antwoord.
In vandag se koerant plaas XCO, die verspreider van sportuitrusting en -toerusting, 'n advertensie waarin hy verklaar dat hy nie meer die NSSU se verskaffer is nie en nie vir enige produkte pa staan ná die verstryking van hul kontrak einde 2017 nie.
Die NSSU se gebrekkige betalingsgeskiedenis aan XCO het glo tot die beëindiging van die kontrak gelei wat die afgelope jare sonder voorval verloop het. Ouers wil nou weet hoe sulke probleme moontlik is, indien borge soos Coca-Cola aankondig dat hulle die spanne se klerasie borg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie