Nóg ’n Indiese ster tree byna ongesiens uit
Krieket
Die veelsydige Suresh Raina het hom by sy voormalige Indiese kaptein Mahendra Singh Dhoni aangesluit deur internasionale krieket te groet.
Raina (33) het minute nadat Dhoni Saterdag sy uittrede op Instagram aangekondig het ’n boodskap op dieselfde sosialemediaplatform geplaas: “Dit is met ’n hart vol trots dat ek kies om jou op hierdie reis te volg”.
Die Indiese Krieketbeheerraad (BCCI) het Saterdag in ’n verklaring Dhoni se uittrede bevestig, maar geen amptelike woord oor Raina gerep nie.
“Dit is met baie gemengde gevoelens dat ek my uittrede aankondig,” sê Raina, wat sy buiging vir Indië in ’n eendagwedstryd teen Sri Lanka in 2005 gemaak het.
“Ek het verskeie operasies ondergaan, terugslae beleef en oomblikke ondervind waar ek gevoel het dit is dit . . . Dit was ’n ongelooflike reis.”
Die aanvallende hotklou-kolwer en vaardige draaibalbouler het 18 toetse gespeel, maar was veel meer indrukwekkend in die korter weergawe van die spel, waar sy goeie veldwerk ook deurslaggewend was.
Raina het 226 eendagwedstryde vir sy land gespeel waarvan die laaste in 2018 in Engeland was. Hy het byna 8 000 internasionale lopies aangeteken en ’n honderdtal in al drie formate van die spel gemoker.
“Geluk Suresh met ’n wonderlike loopbaan,” het die legendariese Indiese kolwer Sachin Tendulkar op Twitter gesê.
“Ek onthou nog ons vennootskap en gesprekke op en van die veld in jou debuuttoets! Wens jou alle sterkte toe met jou toekomsplanne.”
Dhoni en Raina sal albei vir die Chennai Super Kings in vanjaar se Indiese Premierliga speel wat op 19 September in die Verenigde Arabiese Emirate begin. – Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie