Nóg ’n Facebook-gogga saai amok
Petrus Malherbe - Facebook het erken dat ’n fout in sy stelsel veroorsaak het dat gebruikers wat jy geblok het, skielik nie meer geblok is nie.
Minstens 800 000 mense word regstreeks geraak, erken Erin Egan, die maatskappy se privaatheidshoof, in ’n verklaring.
Die gogga was sowat ’n week lank aktief tussen 29 Mei en 5 Junie.
Dit het veroorsaak dat persone wat gebruikers vroeër geblok het, skielik weer van hul inskrywings op Facebook sou kon sien.
“Ons weet dat dit vir mense belangrik is om gebruikers te kan blok, daarom wil ons om verskoning vra dat dit gebeur het,” sê Egan.
Sodra jy iemand op Facebook blok, kan daardie persoon glad nie meer plasings op jou profiel sien, jou as ’n vriend uitnooi of ’n gesprek met jou op Messenger begin nie.
As jy een van jou bestaande vriende blok, is hulle ook outomaties nie meer jou vriend nie.
Egan beklemtoon egter die gogga het nie veroorsaak dat sulke persone weer jou vriende geword het nie, maar wel dat hulle ’n boodskap op Messenger sou kon stuur.
Sowat 83% van mense het ook net een kontak gehad op hul lys van geblokte persone wat weens die fout nie meer geblok was nie.
Volgens Egan is die gogga uit die weg geruim en is almal wat geblok moet wees, nou weer geblok.
Facebook het begin om almal wat deur die fout geraak is daarvan in kennis te stel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie