Nu00f3g u2018n Chinees in belastingskandaal vasgetrek
Nu00f3g u2018n Chinees in belastingskandaal vasgetrek

Nóg ‘n Chinees in belastingskandaal vasgetrek

Jo-Mare Duddy Booysen
‘n Vyfde Chinees is gister op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in verband met beweerde belastingontduiking van N$3,5 miljard, bedrog en geldwassery inhegtenis geneem.
Zhihua Gua het gister in die landdroshof in Windhoek verskyn en is op borg van N$1,5 miljoen vrygelaat.
Hy is nou die sesde beskuldigde in die saak. Vier ander Chinese - Jack Huang, Tao Huizhong, Jinrong Huang en Zhu Honggang – en ‘n Namibiese sakeman, Laurentius Julius, is sy medebeskuldigdes. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer