Nóg 'n blink jaar vir BWH
Bank Windhoek Holdings (BWH) se wins het vir die vyfde opeenvolgende jaar met meer as 20% gegroei.
Luidens ‘n verklaring wat vanmiddag op die Namibiese aandelebeurs (NSX) uitgereik is, is dié groep se wins na belasting vir die jaar geëindig 30 Junie 2016 bykans N$905,1 miljoen, ‘n styging van amper 20,2% teenoor die 2015-boekjaar.
‘n Finale dividend van 36c per aandeel is verklaar. Dit bring BWH se totale dividend vir sy 2016-boekjaar op 66c per aandeel te staan.
BWH het vanmiddag op N$17,45 per aandeel op die plaaslike indeks van die NSX gesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie