Nóg mense verdrink in Noorde
Tanja Bause
Die vierjarige David Shaninga het Dinsdag in 'n waterpoel in die Onaihenda-nedersetting verdrink.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, was David en sy ouma besig om vee in die veld op te pas toe hy verdwyn het. Sy liggaam is later gevind toe sy ouma en bure na hom gaan soek het.
Mnr. Patrik Manungu, 'n 30-jarige Zambiese burger, het Maandag by die Kalonda-nedersetting verdrink toe die kano waarmee hy oor die vloedwater op pad was, omgeslaan het.
By Tsumeb het 'n 22-jarige man in die Quinas-meer verdrink. Die man het Maandag saam met vriende in die meer gaan swem toe hy verdrink het. Sy liggaam is nog nie gevind nie en sy naasbestaandes is nog nie van sy dood ingelig nie.
Volgens die polisie het die 25-jarige mnr. Jackson Unondjara op pad na die Grootfontein-staatshospitaal gesterf. Dit ná 'n muur op hom geval het. Na bewering het 'n vragmotorbestuurder die muur gestamp, waarna dit op Unondjara geval het. Die ongeluk het by die Grootfontein-skrootwerf plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie