Nóg klagte vir Fishrot-6
Borgtog aan die beskuldigdes is gister weer eens in die Windhoek-landdroshof teengestaan.
Ogone Tlhage – Bykomende klagte staar die Fishrot-ses in die gesig, wat gister ’n verrassende verskyning in die Windhoek-landdroshof gemaak het.
Die nuwe klagte sluit die sesde beskuldigde, mnr. Ricardo Gustavo, uit, het die hof gister gehoor.
Die vyf ander verdagtes, wat oudministers Sacky Shanghala en Bernhard Esau insluit, het almal gister, twee dae voor hul geskeduleerde verskyning, hul opwagting in die hof gemaak.
Vyf van die oorspronklike Fishrot-beskuldigdes was gister by die geskorsde uitvoerende hoof van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya, wat Maandag in hegtenis geneem is, se eerste hofverskyning teenwoordig.
Hulle moes hoor hulle staar bykomende klagte wat met geldwassery deur middel van die maatskappye Salex and DHC Inc. verband hou in die gesig.
N$75 miljoen van Fishcor se geld is na bewering deur middel van dié maatskappye “gewas”.
Boonop staar ’n bykomende klag van regsverydeling die voormalige minister van justisie ook in die gesig.
Hy, Esau, mnr. James Hatuikulipi en Nghipunya word verder daarvan beskuldig dat hulle staatsgeld vir selfverryking aangewend het.
Mnre. Pius Mwatelulo en Tamson “Fitty” Hatuikulipi word van sameswering in die beweerde misdade beskuldig.
’n Verdere klag van ’n poging om ’n Teenkorrupsiekommissie-ondersoeker om te koop, staar James ook in die gesig.
Hy het na bewering N$250 000 in ruil vir bankkaarte en ’n batetoekenningsdokument, wat deel van die Fishrot-bewysstukke is, aangebied.
Die saak is tot 23 April uitgestel.
Borgtog is weens die erns van die misdade teengestaan.
Daar is ook aangedui die beskuldigdes kan vlug, en dat hulle met die ondersoek kan inmeng.
Die staat het aangevoer dit is nie in die openbare belang om die beskuldigdes vry te laat nie.
Hulle sal almal in die Windhoek Sentrale Gevangenis in aanhouding bly.
Die regsverteenwoordigers van die ander beskuldigdes het versoek dat die saak môre voortduur, terwyl Nghipunya s’n gevra het dat sy saak op 23 April aangehoor word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie