Nóg houe geplant in Rehoboth se leierskaptwis

Die beleerde dorp se waarnemende hoof uitvoerende beampte dreig nou met regstappe teen die raad en burgemeester.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die chaos by Rehoboth se munisipaliteit duur voort.

Die jongste skorsing van die dorp se uitvoerende hoof, mnr. Christoph /Uirab, die afgelope Vrydag kom minder as ‘n week nadat die bestuurder vir korporatiewe aangeleenthede en menslike hulpbronne, mnr. Willie Swartz, verlede Maandag die raad ingelig het hy gaan regstappe teen hulle neem.

Swartz dien as waarnemende uitvoerende hoof.

Die skrywe is aan die burgemeester, me. Christina Blaauw, en raadslid Winston /Uirab gerig.

Na bewering het Swartz Vrydag die slotte van mnr. Christoph /Uirab se kantoordeur vervang. Gisteroggend het hy volgens ‘n gemeenskapaktivis, mnr. Johannes Khachab, die dorpsraad se werkers gedreig met afdanking as hulle deelneem aan enige politiek op die dorp.

Khachab sê die dorp se rioolprobleme begin weer en daar was gisteroggend glo opnuut ‘n watertekort.

Die gemeenskap sou gisteraand vergader om te besluit hoe hulle hul ongelukkigheid gaan toon. Khachab het gesê een opsie is om die dorpsraad se kantore toe te maak. Daar was selfs voorstelle om die B1-hoofpad wat deur die dorp loop, te blokkeer.

In sy brief aan die raad sê Swartz hy het op 1 Augustus tydens sy uitgerekte dissiplinêre verhoor onskuldig op al ses die hoofklagte teen hom gepleit. Dit sluit onder meer beweringe van bedrog en korrupsie in.

Die saak teen hom sal op 26 Oktober een jaar oud wees.

Volgens Swartz is die verhoor sedert Desember herhaaldelik vertraag. Op 1 Augustus het die inisieerder, wat ook die minister in die verband geadviseer het, volgens Swartz skielik sy onwettige aanstelling deel van verrigtinge gemaak.

Op 12 September het die voorsitter en inisieerder volgens Swartz nie vir die voortsetting van die verhoor opgedaag nie, hoewel hy bereid was om sy hospitaalbed op te staan om daar te wees.

“Ek het onder groot laster, pyn, verleentheid, vervolging en risiko gebuk gegaan,” skryf Swartz. Volgens hom verkeer hy en sy gesin in gevaar. “Ek is fisies in my kantoor aangeval,” skryf hy.

Volgens Swartz moes hy sy twee jong dogters uit die skool verwyder. Hy het een na ‘n skool buite die landsgrense gestuur.

Sy vrou ly aan stres en hoëbloeddruk en het volgens Swartz elke keer dat die saak uitgestel is in die hospitaal beland. “My vrou is by haar werk aangeval deur kliënte van die bank waar sy werk, sowel as deur 'n UPM-streekraadslid,” voer hy aan.

“Ek is gediagnoseer met stres en ly aan interne bloeding, wat twee weke gelede byna my lewe geëis het,” skryf Swartz.

Volgens Swartz kon niemand enige bewyse vir die klagtes teen hom verskaf nie. “Ek was stil in die hoop dat die waarheid in die verhoor sal uitkom,” skryf hy en, “maar nou dat ek die geleentheid verloor het om hierdie valse en blatant kwaadwillige bewerings te beantwoord, het ek geen ander keuse nie as om regstappe te neem teen diegene wat hierdie groot lyding vir my veroorsaak het.”’

Volgens Swartz is hy bereid om sy dienste aan die raad op ‘n ooreengekome tyd te beëindig. Eers sal die vervalsing van die notules van ‘n raadsvergadering wat op 26 Mei 2015 plaasgevind het volgens hom egter aangespreek moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.73/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 892.30/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.90/BBP DOWN -0.0207 | Platinum US$ 948.92/OZ UP +1.51% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 48 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.73/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 892.30/T UP 0.62% | Brent Crude Oil US$ 84.90/BBP DOWN -0.0207 | Platinum US$ 948.92/OZ UP +1.51%