Nu00f3g hou00ebs kry hervestigingsplase
Nu00f3g hou00ebs kry hervestigingsplase

Nóg hoës kry hervestigingsplase

Die jongste aankondiging oor die toekenning van hervestigingsplase ontlok kritiek.
Augetto Graig
Augetto Graig



Benewens adv. Vicki ya Toivo het die ministerie van grondhervorming ook hervestigingsplase aan hoofman Sam Kambazembi, me. Angelina Sinvula, wat by die ministerie van finansies werk, en die hoof van grondhervestiging in die Omahekestreek, me. Mclesia Mbaisa, toegeken.

Mee. Paulina Soreses, Alwina Mujetenga en mnr. Kapuuo Ngumeritiza het ook vandeesweek plase in die Omaheke­streek ontvang en dit wissel in grootte tussen 2 061 hektaar en 2 409 hektaar. Dit is gedeeltes van die plase Joyce (198), Riverside (200), Tweeling (276) en Heatherbelle (197).

Die hervestigingskommissie onder leiding van die permanente sekretaris van grondhervorming, mnr. Peter Amutenya, het sedert Maandag vergader oor die toekenning van hervestigingsplase wat reeds geadverteer is. Die geslote vergadering het Amutenya so besig gehou dat hy nie op skriftelike vrae oor die kwessie kon reageer nie. Vrae aan minister Utoni Nujoma se kantoor is eers na die ministeriële woordvoerder, mnr. Chrispin Matongela, en toe na Amutenya verwys. Nie een van hulle het teen druktyd op dié navrae geantwoord nie.

Mbaisa was ook nie op kantoor nie aangesien sy 'n amptelike slypskool in Windhoek moes bywoon. Sy het nie op e-posse gereageer nie en haar kantoor het geweier om 'n selfoonnommer te verskaf.

'n Werknemer in haar kantoor het wel bevestig dat geen wet Mbaisa verhoed om aansoek te doen of vir 'n hervestigingsplaas goedgekeur te word nie.

Die nuwe, hersiene, nasionale hervestigingsbeleid vir 2018 tot 2027 meld spesifiek dat grond onregverdig uitgedeel word aan vooruitstrewende en welgestelde lede van die samelewing, wat 'n afwyking van die oorspronklike 2001-beleid is. Dit maak egter geen verskil aan die voorwaardes vir die toekenning van hervestigingsplase nie, wat alle Namibiërs bo die ouderdom van 18 insluit en nie toegang tot grond het nie, en veral gemik is op diegene wat voorheen benadeel was.



REAKSIE

Die Congress of Democrats (CoD) se waarnemende president, mnr. Elago Vaino Amuthenu, het Dinsdag in 'n verklaring só op die nuutste toekennings gereageer: “Dit sê vir ons, die armes, baie hardop en duidelik dat die enigste kriteria vir hervestiging voortrekkery en politieke verbintenisse is. Dit is ook die rede hoekom die volledige lys begunstigdes nooit in die openbaar bekend gestel is nie.”

Hoofman Kambazembi sê daar is beslis niks van die aard betrokke by sy toekenning van 'n deel van Plaas Joyce nie. “Ek het ook die advertensie gesien. Niemand van die ministerie het my gebel of ingelig nie. Ek doen al sedert 1995 aansoek. Ek probeer elke keer omdat ek nie grond op my naam het nie. Dié sal die eerste wees,” sê hy. “Ek is nie verbind met die hoës nie en ek ken niemand by daardie ministerie wat my kan bevoordeel nie.”

Intussen het adv. Ya Toivo ook uitgewei oor haar toekenning. “My aansoek was die voortsetting van my oorlede man, Andimba Toivo ya Toivo, se poging om besit van 'n geskikte hervestigingsplaas vir ons gesin te verseker,” sê sy. Volgens haar is haar man in 2011 grond toegeken op Plaas Otjimue, sowat 60 km buite Omaruru, maar die plaas was nie geskik nie, en sonder plaashuis, werkende boorgat en volledige heinings. Wyle Ya Toivo het die minister van grondhervorming genader om sy plaas vir 'n beter een te verruil.

Ná sy dood het adv. Ya Toivo die plaas op haar eie naam oorgedra. “Toe dit onder my aandag kom dat ander huurpagplase deur die ministerie geadverteer word, het ek einde verlede jaar om twee verskillende plase aansoek gedoen. In my aansoek het ek die agtergrond aangeheg en ook aangedui dat ek die plaas wil verruil of afstaan vir een van die twee waarvoor ek aansoek gedoen het. Die grond waarvoor ek aansoek gedoen het, is beter toegerus, het beter water en is nader aan Windhoek,” sê sy.

“My gesin en ek is dankbaar om die deel van Plaas Joyce te kon ontvang sodat ons kan voortgaan om die familieprojek wat my Andimba begin het, onder gunstiger omstandighede uit te brei.

“Ek voel baie hartseer omdat my man nie meer hier is om deel te wees van die boerdery en op die plaas te ontspan wanneer hy wil nie. Dit was sy droom.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.37/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.15% | Zinc US$ 2 837.60/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 88.71/BBP DOWN -0.0021 | Platinum US$ 912.45/OZ DOWN -0.0038 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.37/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.15% | Zinc US$ 2 837.60/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 88.71/BBP DOWN -0.0021 | Platinum US$ 912.45/OZ DOWN -0.0038