Nu00f3g geweld by skool in hoofstad
Nu00f3g geweld by skool in hoofstad

Nóg geweld by skool in hoofstad

Francoise Steynberg
‘n Tweede voorval van geweld het vanoggend by ‘n skool in die hoofstad afgespeel.

‘n Senior leerling van Windhoek Hoërskool het vanoggend die skoolhoof, mnr. Hawie Engels, na bewering met ’n mes in sy arm gesteek. Hy is nie ernstig beseer nie.

Die 17-jarige meisie het glo ook skade aan klaskamers, laboratorium en kantoor aangerig.

Toe die polisie by die skool opgedaag het, het sy hulle ook glo aangeval. Sy is gekalmeer en deur die polisie weggeneem.

‘n Woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het aan Republikein die voorval bevestig, maar kon nie verdere inligting verskaf nie.

By die Jan Mohr Sekondêre Skool in Windhoek was vanoggend ook 'n voorval van geweld waar die Namibiese polisie en die Windhoekse stadspolisie moes ingryp.

Kommentaar

Republikein 2025-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer