Nóg drie sterf in een ongeluk
Tanja Bause
Gister om 13:30 het twee volwassenes en een minderjarige in 'n ongeluk op die hoofpad tussen Otjiwarongo en Kalkfeld gesterf.
Volgens komm. Naukaolimo Andreas van die Namibiese polisie het die bestuurder van 'n bakkie met 'n sleepwa beheer oor die bakkie verloor en van 'n brug af gestort.
“Volgens 'n getuie het 'n sterk wind gewaai, wat waarskynlik veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor het en van die brug af is,” het sy gesê.
Die ongeluk het 38 km buite Otjiwarongo plaasgevind.
“Twee volwassenes en 'n minderjarige is op die toneel dood en twee volwassenes is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem,” het Andreas gesê.
Volgens haar was die mense van die Noorde af op pad kus toe toe die ongeluk gebeur het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag wat Maandae uitgereik word, het 37 volwassenes en 14 minderjariges tussen 1 Augustus tot 3 September in 26 padongelukke gesterf.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie