Nóg beweerde bedrog met mediese kaarte
Vals inligting is glo oor die werklike identiteit van 'n pasiënt verskaf.
'n Konstabel van die Windhoekse stadspolisie het na bewering die identiteit van een van sy kinders gebruik om mediese voordele vir een van sy suster se kinders te kry.
Die 55-jarige Abiud Naganene is vandeesweek deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) vir beweerde korrupsie vasgetrek en het reeds sy verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak.
Naganene het glo die identiteit van een van sy kinders, 'n begunstigde van sy mediese fonds, gebruik om mediese voordele vir 'n kind van sy suster te eis. Die kind is volgens 'n verklaring van die ACC later oorlede.
Mediese voordele is na bewering vir meer as N$190 000 geëis, waarvoor Naganene se suster uit haar eie sak sou moes betaal omdat sy nie aan 'n mediese fonds behoort nie.
VALS INLIGTING
Verskeie dokumentasie van 'n hospitaal en ander mediese instellings is glo saam met toelatingsvorms voorsien wat vals inligting oor die werklike identiteit van die pasiënt verskaf het.
Naganene is van bedrog en die oortreding van Teenkorrupsiewet aangekla deurdat hy bewustelik 'n dokument met vals inligting gebruik het om mee te mislei.
Naganene is op borgtog van N$15 000 vrygelaat en die saak is tot 6 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie