Nóg betogings weens spoorlyn beplan
Bewaringsbewustes is woedend oor 'n Chinese maatskappy wat 'n spoorlyn deur een van Kenia se nasionale parke bou.
Betogers beplan om protes aan te teken teen ‘n spoorlyn wat binne die Nairobi Nasionale Park gebou word, en volgens hulle die natuurlewe en die mense van Kenia bedreig.
‘n Hofsaak oor teenkanting teen die spoorlyn het Dinsdag in ‘n Keniaanse tribunaal misluk.
Die tribunaal sê dit kan nie die konstruksie staak van die ses kilometer lange spoorwegbrug wat China Road en die Bridge Corporation bou nie. Bouwerk het verlede maand deur die hoofstad se bewaringsgebied vir leeus, kameelperde en sebras begin.
Mohammed Balala van die Nasionale Omgewingstribunaal (NET) sê daar is geen meriete in die saak nie en dat ‘n soortgelyke saak in die hoërhof aangehoor sal word.
Kenia se nasionale parke lok toeriste van oor die hele wêreld, maar die natuurlewe in die land kom toenemend onder druk van infrastruktuurprojekte en mense wat grond soek om op te boer en te woon.
Veldtogvoerders teen die spoorlyn sê die Chinese maatskappy het ‘n bevel deur NET verontagsaam wat in Junie verlede jaar gemaak is om konstruksie in Kenia se oudste park te staak. Die spoorprojek is reeds in die tweede fase van die US$13,8 miljard-projek om die hawe van Mombasa aan die Indiese Oseaan met Nairobi en Uganda te verbind.
NET het egter Dinsdag gesê die bevel is nie meer van krag nie omdat die Chinese maatskappy sedertdien ‘n saak in die hoërhof aanhangig gemaak het.
Aktiviste wat verlede week in Nairobi betoog het, sê hulle sal na die strate terugkeer en kan selfs by die hoërhof appelleer. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie