Newcastle maai onder hoenders
''n Streng bewegingsverbod op pluimvee en produkte soos eiers is in die vier O-streke ingestel nadat Newcastle-siekte uitgebreek het.
Ronelle Rademeyer - Kleinboere en huishoudings in die sentrale noorde van die land het reeds groot getalle hoenders verloor nadat Newcastle-siekte in die Julie in drie van die vier O-streke uitgebreek het.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het gister in 'n verklaring bekend gemaak dat 'n beweging- en handelsverbod op pluimvee en -produkte met onmiddellike effek in die Ohangwena-, Omusati-, Oshana- en Oshikotostreek ingestel is.
Dit beteken geen hoenders, eende, volstruise, tarentale, siervoëls, duiwe en ander voëlsoorte asook produkte soos ongekookte eiers, vere en hoenderkos mag dié streke verlaat nie.
Dit mag ook nie binne die geraakte streke vervoer word of na ander streke geneem word nie.
Net so mag geen pluimvee of -produkte uit die noordelike buurlande na Namibië gebring word nie.
Die ministerie sê inspeksies sal by padblokkades en grensposte uitgevoer word.
Intussen word mense in die geraakte streke versoek om hul naaste staatsveearts te besoek om entstof teen Newcastle-siekte te kry.
Kommersiële pluimveeprodusente word ook versoek om goeie inentingsprogramme te volg, maar volstruisboere word aangeraai om eers met ''n veearts te gesels voordat hulle hierdie entstof toedien.
Die publiek word verder ook versoek om nie hoenders of ander voëls te eet wat weens die siekte gevrek het nie.
Kleinboere moet ook dadelik alle verdagte gevalle by die naaste staatsveearts, hoofman of streekraadslid aanmeld.
Volgens die bekende internet-veearts dr. Faffa Malan is Newcastle-siekte ''n hoogs aansteeklike virussiekte onder pluimvee en sekere voëlsoorte. Hoenders, kalkoene, tarentale, mossies, lemoenduiwe en fisante is baie vatbaar.
Eende en ganse is minder vatbaar en duiwe is baie weerstandbiedend na gelang van die ras. Die gewone tortelduif is skynbaar nie vatbaar
nie.
Die siekte word gekenmerk deur lusteloosheid, asemhalingsnood, diarree, senuweesimptome, verlamming en ''n baie hoë vrektesyfer. Ligte vorms van die siekte word soms ervaar.
Die Newcastle-virus is ''n paramyxo-virus, ''n lid van die groep wat ook ander bekende virusse soos hondesiektevirus, runderpes onder beeste, asook masels en pampoentjies by die mens insluit.
By die mens kan besmetting van die oë voorkom en oogontsteking ontwikkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie