New York se landskap vir ewig verander op 9/11
9/11, die dag in 2001 toe New York se horison vir altyd verander het, is gister herdenk. Dit is 17 jaar nadat vier gekoördineerde terreuraanvalle van die Islamitiese terroristegroep Al-Kaïda Amerika getref het. Die Twin Towers in New York is verwoes toe twee passasiersvliegtuie deur die twee geboue gebars het. Nog ’n passasiersvliegtuig is gekaap en het in Pennsilvanië neergestort en nóg ’n vliegtuig het in die Pentagon in Washington vasgevlieg. ’n Museum en gedenkmuur is gebou op die toneel waar die Twin Towers gestaan het. Ground Zero, soos die gebied bekend staan, is in 2014 omskep in ’n pragtige gedenkmuseum waar artefakte van dié geskiedkundige dag uitgestal word. Daar is ook ’n pragtige waterpoel van herinnering aangebring. Elke jaar word die name van die slagoffers wat op dié dag gesterf het tydens ’n plegtigheid daar gelees. Op die foto rus ’n persoon sy hand op die naam van een van die slagoffers van die terreuraanvalle. Altesame 2 996 mense is in die aanvalle dood en meer as 6 000 is beseer. Foto Netwerk24/Getty Images
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie