New Era mag nie by Max druk nie
’n Hofbevel het ’n stokkie voor die drukkers van ’n staatsonderneming se koerant gesteek.
Augetto Graig - Die staatsonderneming New Era Publications Corporation, samestellers van die publikasies New Era en Kundana, sal vandag aankondig wie dié koerante in die toekoms sal druk.
Dr. Audrin Mathe, die onderneming se uitvoerende hoof, het gister net verseker New Era sal wel vandag op straat verskyn.
Dít volg ná die hoërhofregter Collins Parker Vrydag beveel het New Era en Kundana mag voorts nie meer deur Max Media Printers gedruk word nie.
Max Media Printers behoort aan bekende joernalis mnr. Max Hamata en druk die staat se twee koerante al sedert Oktober verlede jaar.
Die kontrak vir die drukwerk het egter in Januarie verstryk.
Die tender vir ’n nuwe drukkontrak is reeds in Oktober en November verlede jaar geadverteer.
Die tender is in Januarie vanjaar aan Newsprint Namibia toegeken.
In Februarie het Hamata geëis dat dié toekenning in heroënskou geneem word, wat tot die kansellering daarvan gelei het.
Ná die beoordelingspaneel se besluit het New Era die tender weer geadverteer, en Newsprint Namibia en ander het weer aansoeke daarvoor ingedien.
Dít is op 10 April weer eens gekanselleer.
New Era Publications Corporation het intussen voortgegaan om van Max Media se drukdienste vir sy daaglikse koerant en Kundana gebruik te maak.
Newsprint Namibia het die howe genader om ’n stokkie hiervoor te steek.
In sy uitspraak sê regter Parker dit is die hof se plig om te verseker dat die wet gehandhaaf word, veral wat administratiewe instansies en beamptes betref.
Hy het bevind New Era se aksies veroorsaak voortdurende skade en dit moet ophou.
Parker het beveel Max Media Printers mag New Era se publikasies nie meer druk nie.
Indien New Era die dienste van ’n drukker benodig, moet hulle aan die riglyne van die beoordelingspaneel gehoor gee en dié dienste in ooreenstemming met die bepalinge van die openbare verkrygingswet bekom.
Die hof moet nog uitspraak lewer oor die tweede deel van Newsprint Namibia se aansoek.
Mnr. Sisa Namandje, Newsprint Namibia se regsverteenwoordiger, en mnr. Tuhafeni Muhongo, New Era Publications Corporation se regsverteenwoordiger, sal Donderdag weer in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie