Netumbo se niggie boots haar glo na
Netumbo se niggie boots haar glo na

Netumbo se niggie boots haar glo na

NAMPA
Nampa



'n Twitter-gebruiker – oënskynlik die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah – het 'n pleidooi gerig aan die Ugandese staatshoof, pres. Yoweri Museveni, om aan 'n dogter van haar asiel toe te staan.

Die persoon agter dié plasing vra ook vir die beëindiging van alle doodsdreigemente teen dié dogter. “Ek kan nie 'n kind verloor nie,” lui die boodskap voorts.

Verskeie wêreldleiers, soos die Amerikaanse staatshoof, pres. Donald Trump, word by name by dié tweet ingesluit in 'n oënskynlike poging om hul aandag op die erns van die saak te vestig.

Nandi-Ndaitwah het Sondagaand in 'n onderhoud met NBC-nuus gesê die Twitter-rekening is nie hare nie.

Volgens die adjunkpremier het haar niggie, me. Latenda Kalimba, wat in die Verenigde Koninkryk woon, ver­skeie sosialemediarekeninge in Nandi-Ndaitwah se naam oopgemaak.

Die adjunk- eerste minister het gesê die familie gaan probeer om vir Kalimba hulp te kry.

Kalimba het nie op NBC se versoeke om kommentaar gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2025-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer