Netflix, Unesco op soek na Afrika-filmmakers
Netflix en die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) het kragte saamgespan om 'n innoverende kortfilmkompetisie getiteld “African Folktales, Reimagined” in Afrikalande suid van die Sahara van stapel te stuur, met die doel om nuwe stemme te ontdek en opkomende filmmakers in dié gebied ’n wêreldwye platform te gee.
Die wenners van die kompetisie sal opgelei en gementor word deur praktisyns in dié bedryf, en ‘n produksiebegroting van U$75 000 ontvang om kortfilms te maak wat in 2022 op Netflix as deel van die reeks Anthology of African Folktales sal verskyn.
Luise Mwanyangapo, woordvoerder van Unesco Namibia, het Dinsdag gesê die kompetisie open op 14 Oktober en duur tot 14 November. Om te verseker dat almal wat by die produksie betrokke is redelik vergoed word, sal elkeen van die ses wenners produksietoelae (via ‘n plaaslike produksiemaatskappy) ontvang om onder die leiding van Netflix en bedryfsmentors hul rolprente te vervaardig, te skiet en te ontwikkel.
Boonop ontvang elkeen van die ses wenners ‘n kontantprys van US$25 000.
“Unesco en Netflix glo beide dit is belangrik om verskillende plaaslike verhale oor te vertel en met die res van die wêreld te deel. Baie ontluikende filmmakers sukkel om toegang tot die nodige hulpbronne en platforms te verkry om hul talente ten volle ten toon te stel en hul kreatiewe loopbane ’n hupstoot te gee. Hierdie kompetisie is daarop gemik om hierdie kwessies aan te roer en bied ‘n geleentheid aan Afrika-storievertellers om die eerste stap te neem om hul werk met ’n wêreldwye gehoor te deel,” het sy gesê.
Mwanyangapo het voorts gesê dié spanpoging sal ook help om langtermyn-werksgeleenthede te skep en ekonomiese groei aan te moedig, wat ’n rol daarin kan speel om die VN se agenda vir volhoubare ontwikkeling teen 2030 te bereik – wat daarop gemik is om wêreldwye armoede in al sy vorme teen die einde van hierdie dekade te beëindig.
“Hierdie filmkompetisie sal ook bydra tot die vermindering van ongelykhede deur wêreldmarkte meer toeganklik te maak en goeie werksomstandighede te verseker. Dié is alles sleutelaspekte van die 2030-agenda,” het sy gesê.
Diegene wat wil aansoek doen, moet ’n opsomming van hul konsep (hoogstens 500 woorde), asook skakels na ‘n onlangse CV en portefeulje/bewyse van enige vorige oudiovisuele werk wat hulle vir die eerste ronde geproduseer het, indien.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie