Net vyf Afrikalande haal inentingsdoelwit
Net vyf Afrikalande haal inentingsdoelwit

Net vyf Afrikalande haal inentingsdoelwit

Henriette Lamprecht
Net vyf Afrikalande, minder as 10% van die vasteland se 54 nasies, sal na verwagting teen die einde van die jaar die doelwit bereik om 40% van sy inwoners ten volle in te ent. Namibië het tot op hede 10% van sy bevolking ingeënt en wil teen einde Maart aanstaande jaar hê 1,5 miljoen van sy sowat N$2,6 miljoen inwoners moet ten volle ingeënt wees. Drie Afrikalande, Seychelles, Mauritius en Morokko, het reeds dié doelwit behaal wat in Mei deur die Wêreld Gesondheidsvergadering daargestel is. Teen die huidige pas sal nog twee lande, Tunisië and Cabo Verde, ook dié doelwit bereik.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer