Net vier klubs in Rehoboth-toernooi
Klubrugby
Rehoboth rugbyklub se werk in die voorseisoen onder sy nuwe afrigter, David Philander, word môre met waardevolle wedstrydoefening tydens die klub se jaarlikse toernooi aangevul.
Rehoboth se hooforganiseerder, Marschell Diergaardt, sê: “Ons gaan voort met ons toernooi, hoewel ons swak ondersteun word deur die klubs van wie net drie die uitnodigings aanvaar het.
“Ons het juis reeds die toernooi van die Paasnaweek af verskuif om meer klubs te werf. Maar nou ja, elkeen het seker maar sy redes.”
Rehoboth se eerste span lyk na die swaargewig in groep A, waar hy teen sy derde span asook St. Lou geplaas is.
Groep B bestaan uit FNB Western Suburbs, Reho Falcon en Rehoboth II.
Die hekke open om 07:00 vir die eerste wedstryd om 08:00. Wedstryde word in helftes van net tien minute elk gespeel.
Die twee semifinale is om 14:30 en 15:00, voor die uitspeelwedstryd om die derde plek (16:15) en die eindstryd se afskop is vir 16:50 geskeduleer.
Rehoboth 1 het verlede jaar die toernooi gewen deur St. Lou in die finaal met 19-7 te klop. Rehoboth II was derde toe hy Unam met 22-14 geklop het. In die semifinale het St. Lou vir Rehoboth II met 24-14 verslaan, terwyl Rehoboth I vir Unam met 14-10 uitgeskakel het.
Die verrigtinge word met 'n lekker dans by Deja Vu afgesluit. “Pak die gazebo en kampstoele in en kom geniet die dag saam,” sê Diergaardt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie