Net twee Namibiese parke haal top-50
Net twee Namibiese parke haal top-50

Net twee Namibiese parke haal top-50

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Net twee Namibiese nasionale parke het die ranglys van die 50 beste parke in Afrika gehaal.

Die Etosha Nasionale Park is in die 16de plek en die Waterberg Platopark in die 35ste plek.

SafariBookings.com het 'n indiepte-analise van 2 530 resensies gedoen om die beste safariparke in Afrika te bepaal.

Die Serengeti Nasionale Park in Tanzanië is by verre as die beste park in Afrika aangewys. Die Mala Mala-natuurreservaat in Suid-Afrika is die naaswenner, met die Mana Pools Nasionale Park in Zimbabwe in die derde plek.



resensies

Altesaam 139 parke in agt groot safarilande is in ag geneem vir 'n plek onder die top-50.

Die analise is gebaseer op 2 530 resensies van parke wat deur SafariBookings.com se webtuiste versamel is, waarvan 1 670 resensies deur safaritoeriste van 72 lande bygedra is. Die oorblywende 860 hersienings is deur bekende toerismekenners geskryf, wat gidsboekskrywers insluit wat vir onder meer Lonely Planet, Rough Guides, Frommer's, Bradt en Footprint werk.

Die ander parke onder die toptien is die Okavango-delta in Botswana, die Suid-Luangwa Nasionale Park in Zambië, die Moremi-natuurreservaat in Botswana, die Sabi Sand-natuurreservaat in Suid-Afrika, die Masai Mara Nasionale Natuurreservaat in Kenia, die Selous-natuurreservaat in Tanzanië en die Ngorongoro-krater in Tanzanië.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer