Net 'n hoofstuk, nie die hele boek
As iemand wat kanker geklop het, is Barbara Nyathi se belofte aan ander dat die pyn sál weggaan en die letsels sál verdwyn.
Sy is soveel sterker as wat sy ooit besef het, bekommer haar nie meer oor onbenullighede nie en omhels die positiewe. Barbara Nyathi is 'n sielkundige, entrepreneur, skrywer en berader by die Kankervereniging van Namibië (CAN), maar ook 'n kankeroorwinnaar wat vas glo die siekte is net 'n seisoen wat ook sal verbygaan. Want, sê sy, jy is soveel meer as net 'n deel van jou liggaam.
Barbara was 30 toe sy met kanker gediagnoseer is, haar eerste jaar in Namibië.
“Die diagnose was die resultaat van my jaarlikse mediese ondersoek en spesifiek 'n papsmeer.”
Barbara het kolposkopie, 'n chirurgiese prosedure, ondergaan, die geraakte deel van haar serviks is verwyder en sy is op medikasie geplaas.
Die kanker het nie verder as haar baarmoeder versprei nie.
“Die medikasie het my soveel gewig laat aansit, ek dink ek het 'n bietjie depressief geraak oor al die gewig wat ek opgetel het. Vir die eerste keer in my lewe het ek 60 kg geweeg!”
Sy erken ná die aanvanklike skok van die diagnose is sy oorweldig deur die erns van dit wat met haar gebeur het.
“Ek was vasbeslote om gesond te word en nie toe te laat dat dit my definieer nie. My grootste nagmerrie was die vrees om voortdurend nog gewig aan te sit. Jy moet onthou my hele volwasse lewe het ek rondom 55 kg geweeg en hier tel ek gewig op sonder dat ek 'n keuse gehad het.”
Sy kon nie wag om op te hou om die medikasie te gebruik en te begin oefen om weer haar “gemaklike self” te wees nie.
“Dit het my 'n hele jaar geneem om van die oortollige gewig ontslae te raak en weer gemaklik in my eie vel te voel.”
Barbara is van nature 'n gelukkige en positiewe mens en buiten die gewigskwessies was daar niks wat haar sou onderkry nie, sê sy.
“Ek het geweet ek sal oukei wees. My geloof het my laat vertrou alles sal uitwerk. Vir my was dit net 'n hoofstuk in die storie van my lewe en nie die hele storie nie.”
Drie maande later is tydens 'n opvolgsonar gevind Barbara het endometriose.
'n Sterk ondersteuningsnetwerk van geesgenote in haar lewe was baie belangrik in dié donker dae.
“My vriende en familie was baie ondersteunend en het my nooit laat voel ek is nou minder mens nie.”
Natuurlik was daar sommige mense in die gemeenskap wat veroordelend was en probeer het om haar af te trek, erken sy.
“Ek het eenvoudig weggestap en hulle geïgnoreer. Ek probeer altyd om alles wat positief is, te omhels en al die negatiwiteit te laat gaan.”
Daar was oordeel en woorde wat baie seergemaak het.
“Iemand het vir my gesê ek word deur God gestraf omdat ek op 'n te vroeë ouderdom seks begin beoefen het. Die diagnose was God wat my nou in die openbaar straf.”
Barbara stem saam kankerlyers word “anders” behandel die oomblik wat iemand hoor hulle het die siekte.
“Beslis. Sommige is bang hulle sal die siekte by kankerpasiënte aansteek, ander veroordeel jou omdat jy gesondig het, sommige dink dit is die gevolg van toordery, maar die meerderheid dink jy gaan dood gaan.”
Sy het reeds by CAN as vrywilliger diens gedoen toe sy met kanker gediagnoseer is, so dit was vir haar 'n gegewe om steeds hiermee voort te gaan, al was sy nou ook 'n pasiënt.
“Ek het beter begrip gehad en ek kon nou op 'n dieper vlak 'n band met die pasiënte smee.”
skouers om op te huil
As sielkundige is sy huiwerig om sonder meer raad aan kankerlyers uit te deel.
“Ek gee nie raad nie, ek help hulle eerder om maniere te vind om die situasie te hanteer.
“Ook om die veranderinge aan hul liggame te aanvaar en om die lewe te vier omdat hulle wél 'n tweede kans gegun is.”
Barbara help kankerlyers ook om die nuus met familie en vriende te deel en is vir hulle 'n skouer om op te huil. Sy bied hulle ook 'n veilige omgewing waarin hulle hul frustrasies en vrese sonder voorbehoud kan deel.
“Ek moedig hulle ook aan om met hul behandeling voort te gaan en dit te voltooi ten spyte van die newe-effekte daarvan.”
Sy beklemtoon dat vroeë diagnose lewens red.
“Dit is baie belangrik om getoets te word en so vinnig as moontlik vir behandeling te gaan.“
As iemand wat kanker geklop het, is Barbara se belofte dat die pyn sál weggaan en die letsels sál verdwyn.
“Byt vas. Dit is net 'n seisoen en dit sal ook verbygaan. Jy is soveel meer as net 'n deel van jou liggaam.”
Met 'n kankerdiagnose is die fokus dikwels meer op die pasiënt as op sy of haar vrou, man, kinders en familie.
Daarom sê Barbara is dit noodsaaklik vir die pasiënt se geliefdes om beradingsessies by CAN se ondersteuningsentrum by te woon.
“Op dié manier kan elkeen hul kommer en vrese deel. Hulle word met vaardighede toegerus om die situasie te hanteer, hul kommunikasie te verbeter en is verenig in hul sorg en ondersteuning vir die pasiënt.”
Self het sy deur haar reis met kanker geleer sy is soveel sterker as wat sy ooit besef het.
Sy is 'n vegter en hoewel daar baie “nare mense” daar buite is, is daar ook regtig “baie goeie mense”.
Met 'n besoek aan Maleisië sê Barbara het sy geleer daar is 'n balans tussen goed en sleg. “Die belangrikste ding is egter om nie die sleg toe te laat om die goed te oorweldig nie.”
Daarom kies sy om die positiewe te vier en die negatiewe deur gebed te verander.
As sy die Barbara van toe met die Barbara van nou vergelyk, is daar 'n duidelike verskil in hoe sy die lewe en al sy hobbels en draaie ervaar en aanpak.
“Ek bekommer my nie meer oor onbenullighede nie. Ek het geleer om goed na myself te kyk - emosioneel, geestelik, intellektueel en ook fisiek.”
Sy maak nie meer verskonings vir wie sy is nie, sê Barbara, en het geleer om “toksiese mense en hul kwessies” te laat gaan.
“Ek stap weg van enigiets of -iemand wat nie waarde tot my lewe voeg nie en ek stel myself oop vir beter dinge.”
Barbara se reis het aanleiding gegee na die skryf van haar boek wat vir vele 'n lig in 'n soms donker pad is.
Pain, Heartache & Forgiveness vertel die storie van haar lewensreis, waar sy vandaan kom en waar sy haar vandag bevind.
In die boek vier sy haar ma as 'n “sterk, fenomenale vrou”, sy gesels oor die gesondheidskwessies wat nog altyd deel van haar lewe was en oor haar kanker.
Sy beskou dit as maar net “nog 'n toestand” wat by die ander wat sy reeds gehad het, gevoeg is en ook tot nuwes gelei het.
“Ek skryf oor die goed en sleg in my huwelik, verlies en dood en uiteindelik gaan die laaste hoofstuk oor vergifnis.
Om dit te skryf was 'n ontlading van opgekropte energie en emosies. Ek moet erken die boek het 'n lewe van sy eie ontwikkel!”
Barbara beklemtoon die boek is vir enigiemand, nie net kankerlyers of –oorwinnaars nie.
“Enigiemand sal aanklank daarby vind. Ek het soveel positiewe terugvoer gekry wat my werklik nederig stem. Eerstens omdat ek dit geskryf het, ten spyte van die feit dat my nou gewese man gesê het 'niemand gee om vir my storie nie'. Dit het regtig seergemaak.”
Om oor my ma se dood te skryf, was ook geweldig moeilik, en die hoofstuk oor vergifnis het my op nuwe vlakke uitgedaag. Maar ek het dit gedoen en die boek is nou aan die brand!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie