Net 'n fiets om panga-mans se woede af te keer
Bergfietsry
Twee manlike fietsryers is die afgelope naweek
agter Prosperita met pangas voorgekeer en van hul selfone beroof.
Die ryers, wat saam drie keer agtereenvolgens die Nedbank Desert Dash as ’n tweemanspan voltooi het, het Saterdagoggend omstreeks tienuur die oggend van ’n oefenrit op die B-pad suid van die hoofstad terug huiswaarts gekeer.
Een van die slagoffers, wat beide anoniem wil bly, se kakebeen is op twee plekke gebreek toe ’n rower hom met ’n baksteen in die gesig gegooi het. Sy kakebeen moes Saterdagnamiddag laat tydens ’n operasie by die Lady Pohamba-hospitaal geheg word. Van sy tande is ook gebreek.
Die twee vriende se voorneme was om die Oemf-bergfietstoer van ongeveer 160 kilometer vanaf Windhoek na Namibgrens op 24 Oktober te ry, maar die tekort aan genoegsame hersteltyd sal dit vir die beseerde ryer onmoontlik maak.
Een van die rowers, wie se ouderdomme tussen 30 en veertig geskat word, was gemasker, terwyl nog ’n booswig “met wilde oë” nie omgegee het wie sy gesig sien nie.
“Ons was Saterdag ná ’n oefenrit op pad terug vanaf die Prentjiebrug toe die mans skielik uit die bosse gehardloop kom en ons voorkeer. My maat het geval en ek het die fiets tussen my en die een aanvaller probeer hou.
“Hy het die panga wild rondgeswaai en ek het my bes probeer om die vent se pogings te ontwyk. Ek het hom gevra om te kalmeer, maar hy het steeds met die kapmes teen die fiets geslaan.
“Ek het hom weer gevra om te kalmeer en gesê hulle moet vat wat hulle wil hê. Hy het toe vir my gesê hy stel nie in die fiets belang nie en soek net geld. Nadat ek my fiets neergesit het, is ek met ’n baksteen in die ribbes gegooi.
“Die volgende oomblik het nog ’n baksteen my in die gesig getref. Die bloed het gespat en hoewel ek duiselig van die hou was, het ek besef hier is nou groot probleme.
“Met die e-wallet wat hulle op ons fone wou gebruik, kon ons hulle ook nie help nie. Nadat hulle ons in die rivier laat sit het, is die twee daar weg met ons selfone,” het die beseerde ryer aan Republikein vertel.
Die onbeseerde ryer sê: “Ek het ander ryers en vriende op my Facebook-profiel gewaarsku om versigtig te wees as hulle gaan ry. Mense moet kennis neem van hierdie geval wat opnuut ryers se lewens in gevaar gestel het. Fietsryers word as ’n maklike teiken gesien en hierdie is geensins ’n geïsoleerde geval nie. Mense moet asseblief voorsorg tref.
“Ons albei het ’n saak van gewapende roof by Nampol ingedien, maar ons het tot nou toe geen terugvoering van hulle gekry nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie