Net ál nouer om Rooies
Die Teenkorrupsiekommissie het hom gistermiddag tot die publiek gewend om te help om 'n oudlanddros agter tralies te kry.
Denver Kisting - ’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas die oudlanddros mnr. Rooies Mostert moet vervolg word, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming bekom.
Die teenkorrupsiewaghond het gister by monde van mnr. Nelius Becker, hoof van ondersoeke, die hulp van die publiek gevra om te help om Mostert vas te trek.
Volgens Becker word Mostert gesoek weens beweerde korrupsie, bedrog, afpersing, poging to regsverydeling én oortredings onder die immigrasiewet.
’n Landdros het gister ’n lasbrief vir Mostert se inhegtenisneming uitgereik.
Toe die koerant gistermiddag met Mostert praat, het hy gesê hy is bewus van die lasbrief. “Ja, iemand uit Botswana het my laat weet. Hulle moet mos maar hulle pad vat soos hulle moet doen.”
Die oudregsman het voorts – soos telkens vantevore – uit Suid-Afrika aangevoer hy is op pad Namibië toe om pa te kom staan vir sy beweerde dade.
Trouens, hy het opnuut beweer hy het niks om voor weg te hardloop nie. “Nee, dit gaan goed. Ek kom hierdie week nog. Ek maak net my paspoort reg.”
Op ’n vraag of sy paspoort verval het, het hy gesê: “Ek het ‘overstay’. Ek kom definitief.”
Die volgende stap, het Becker gister gesê, is om met Interpol te skakel sodat ’n rooi kennisgewing (“red notice”) uitgereik kan word.
Luidens Interpol se webwerf is dié kennisgewing ’n versoek deur ’n lidland om ’n verdagte op te spoor en voorwaardelik in hegtenis te neem, hangende uitlewering.
Die kennisgewing word deur die algemene sekretariaat van Interpol uitgereik op versoek van die lidland of ’n internasionale tribunaal geskoei op ’n geldige, nasionale lasbrief.
Intussen sê adj.komm. Immanuel Sam, die Namibiese polisie se Interpol-verteenwoordiger, dié kennisgewing kan binne een dag verwerk word.
Sam het vantevore bevestig die owerhede was al met mekaar in gesprek oor Mostert.
Republikein berig sedert vroeër vanjaar pal oor hoe Mostert in die rooi bly.
Hy word verbind met verskeie, beweerde bedrieglike transaksies oor erwe by Gobabis en is ook glo die meestebrein agter verblyfpermitte wat korrup uitgereik is.
Verlede maand het Mostert aangevoer hy kon nog nie terugkeer Namibië toe nie weens ’n operasie.
Me. Karin Schreuder, een van Mostert se talle vermeende slagoffers, het gister gesê die jongste verwikkeling kom as ’n verrassing. “Weet jy, my wind is uit. Ek wil die man dan nou amper jammer kry.
“Dis net vir my erg as iemand sy lewe so mors, maar nou ja, hy kry ons en die ander mense wat hy ingeloop het, nie jammer nie. Dan moet hy seker maar sy pak vat.”
Die ACC waarborg vertroulikheid en sê enigiemand met inligting kan met Becker of me. Justine Kanyangela, die hoofondersoekbeampte, in verbinding tree.
Hulle kan albei by 061 435 4000 bereik word. Becker kan by 081 129 9215 en Kanyangela by 081 127 7486 gekontak word.
Volgens die ACC bevind Mostert hom êrens in Suid-Afrika, maar mag gereeld Namibië toe reis met ’n paspoort van een van dié lande.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie